Ferdinand Bordewijk (10 Oktober 1884, Amsterdam – 28 April 1965, Den Haag), pennaam F. Bordewijk, was 'n Nederlandse skrywer van romans, novelle, toneelstukke, prosagedigte, parodieë, grafredes en kritiek. Hy was 'n prokureur van beroep. Hy is veral bekend vir die drieluik getiteld Blokken (1931), Knorrende beesten (1933) en Bint (1934), en vir die roman Karakter (1938), wat in 1997 deur Mike van Diem verfilm is. Hy ontvang in 1953 die P.C. Hooft-prijs vir twee werke: die novellebundel Studiën in volksstructuur (1951) en die roman De doopvont (1952). Die Vijverberg-prys van die Jan Campert Stigting is in 1979 herdoop tot die F. Bordewijk-prijs. Bordewijk beskou self die roman Noorderlicht (1948) as sy beste werk. F. Bordewijk word saam met Simon Vestdijk beskou as die belangrikste Nederlandse prosaïs van sy generasie.Hans Anten, Het non plus ultra in Nederlands proza. S. Vestdijk en F. Bordewijk over elkaar; In: Het oog van de meester. Vestdijk-jaarboek 1998. Amsterdam 1998, p. 98-110.

Lewensloop duimnael|thumbtime=1:38|Bordewijk spreekt (film, 1954) Ferdinand Johan Wilhelm Christiaan Karel Emiel Bordewijk is op 10 Oktober 1884 in Jan Steenstraat in Amsterdam gebore.August Hans den Boef, F. Bordewijk: Karakter. Memoreeks. Laten: Walva-boek, 1988, 7. Hierdie ses voorname het hy op 13 Maart 1919 in Den Haag na Ferdinand laat verander. Sy vader het by die departement van Waterbestuur gewerk. 'n Jaar na sy geboorte verhuis die gesin na Singel 198; Bordewijk beskryf hierdie woning in die novelle Keizerrijk in die bundel De wingerdrank uit 1937. In 1894 verhuis die gesin na Den Haag; dit was die begin van 'n reeks verhuisings wat moontlik die grondslag was van die opmerklike aandag wat argitektuur in Bordewijk se werk geniet het.Jef van de Sande, Ferdinand Bordewijk: Blokken/Knorrende beesten/ Bint. Memoreeks. Laren: Walva-boek, 1989, 5.

Bordewijk het skoolgegaan aan die gimnasium aan die Hoge Westeinde.Den Boef (1988), 7 Daarna studeer hy regte aan die Rijksuniverseit Leiden. Hy promoveer hier op Vrydag 3 Mei 1912 op 30 stellings tot doktor in die regswetenskap.Arno Kuipers, De stellingen van F. Bordewijk. 12 Augustus 2012, aanlyn. Geraadpleeg op 23 November 2016. In 1913 word hy as prokureur beëdig en betree 'n groot prokureurskantoor in Rotterdam. 'n Deel van die inspirasie vir die roman Karakter van 'n kwart eeu later is gebaseer op die ervaringe wat hy in hierdie tydperk opdoen.W. Blok, Ferdinand Bordewijk G.J. van Bork en P.J. Verkruijsse, De Nederlandse en Vlaamse auteurs van middeleeuwen tot heden met inbegrip van de Friese auteurs. De Haan, Weesp 1985, p. 91. Geraadpleeg op 8 Oktober 2013, p. 91. In 1914 trou hy met die Nederlandse komponis Johanna Bordewijk-Roepman.

In 1916 debuteer hy sonder veel sukses met die digbundel Paddestoelen onder die skuilnaam Ton Ven, wat hy hierna tale male sou gebruik. In 1919 was Bordewijk vir 'n kort ruk dosent in handelsreg aan die Handelskool geleë in Van Alkemadeplein in Rotterdam.literatuurgeschiedenis.org, Moors Magazine Die indrukke wat hy daar opgedoen het, sou die basis vorm van sy roman Bint wat vyftien jaar later uit sy pen sou verskyn. Hierna begin hy te praktiseer te Schiedam. Hy het egter in Den Haag bly woon, met die uitsondering van vier maande in 1945 toe die bombardement op die woonwyk Bezuidenhout hom genoop het om ander verblyf te soek.Blok 1985, p. 91.

Drie bundels Fantastische vertellingen As prosaïs debuteer Bordewijk met Fantastische vertellingen (1919), 'n bundel met vyf novelles. Daarna volg Fantastische vertellingen: tweede bundel (1923, eweneens vyf verhale) en Fantastische vertellingen: derde bundel (1924, drie novelles). Die dertien verhale uit die drie bundels word gesien as grieselrige verhale met absurde wendings (in De rode grijsaard uit die derde bundel trou 'n vrou met 'n aap).J.A. Dautzenberg, Over de thematiek van Bordewijks korte verhalen Spiegel der Letteren, Jaargang 21 (1979), p. 178. Opgespoor op 7 Oktober 2013.

Hierdie fantastiese vertellinge toon reeds die kenmerke van Bordewijk se latere verhale. Die oorheersende motiewe wat daarin gesien kan word is waansin, misdadigheid en ontug, waarvan veral misdadigheid in sy latere werk dikwels sal terugkeer. Daar is sprake van skisofrene vervolgingswaansin (Dr. Testals dubbelganger eerste bundel), van godsdienstige waansin wat uitloop op moord (In plenitudine Christi, eerste bundel), owerspel (Talamon of Ye Olde Bowe, derde bundel) en 'n massamoordenaar (Marion Quinn , derde bundel). 'n Tweede ooreenkoms met die latere Bordewijk is die fantastiese aard van verskeie van die verhale, nie net in die beperkte sin van die bonatuurlike of die onwaarskynlike nie, maar ook in 'n breër sin as seldsaam of merkwaardig. Tatjana uit die tweede bundel handel byvoorbeeld oor 'n Nederlandse handelaar wat probeer om die dogter van 'n tsaar uit rewolusionêre Rusland te smokkel.Zie Dautzenberg 1979, p. 183-184.

Die verhaal Marion Quinn uit die derde bundel is in tweërlei opsigte 'n oorgangsverhaal. Literêr-esteties word dit deur sommige kritici gesien as superieur tot die ander dele van die drie bundels. Inhoudelik wys dit vooruit op die kort prosawerke sonder literêre pretensies wat Bordewijk vanaf 1950 sou publiseer. Dautzenberg 1979, p. 184. In al die ontwikkeling wat hy sou deurgaan, het Bordewijk dadelik in een opsig getoon dat hy stylvol was: van die begin af het sy verbeelding prosa van 'n kenmerkende kort lengte van slegs 'n paar dosyn bladsye voortgebring.

Invloed en aktualiteit Bordewijk se selfontwikkelde tematiek en styl is nie uitgebreid nagevolg nie. Sy werk word egter nog steeds druk gelees: so verskyn in die tydperk 2000-2015 meer as dertig herdrukke van sy werk, asook vertalings daarvan in Italiaans, Engels, Duits, Turks en Slowaaks.Bordewijk in catalogus KB Den Haag In 2014 is die Bordewijkgenootschap opgerig wat aktiwiteite rondom die herdenking van die vyftigste sterfdag van Bordewijk in 2015 georganiseer het.Website Bordewijkgenootschap (Besoek op 31 Mei 2015)

Verzameld werk Bordewijk se Verzameld werk (1982-1991), wat by die uitgewery Nijgh & Van Ditmar verskyn het, sou oorspronklik bestaan het uit elf dele, maar dit het uiteindelik 13 geword: vyf dele romans, vier dele verhale en novelles, twee dele diverse publikasies met verskillende werke soos gedigte en toneelstukke, en twee dele kritiese prosa, met in die afsluitingsdeel 'n verdere bibliografie en registers.

Blokken; Knorrende beesten; Bint; Rood paleis; Karakter. 1982, 645 p. Apollyon. 1982, 526 p. Eiken van Dodona; Noorderlicht. 1983, 720 p. De doopvont. 1983, 541 p. Bloesemtak; Tijding van ver; De Golbertons. 1984, 694 p. Fantastische vertellingen; Fantastische vertellingen, tweede bundel; Fantastische vertellingen, derde bundel; De Laatste eer; De wingerdrank. 1984, 711 p. De korenharp; Bij gaslicht; Zwanenpolder; Het eiberschild. 1985, 752 p. Vertellingen van generzijds; De korenharp, nieuwe reeks; Studiën in volksstructuur; Mevrouw en meneer Richebois; Onderweg naar de Beacons. 1985, 738 p. De zigeuners; De aktentas; Centrum van stilte; Lente; Verspreide verhalen. 1986, 725 p. Verspreide verhalen; Idem; Gedichten; Drie toneelstukken; Halte Noordstad. 1986, 719 p. Haagse mijmeringen; Wandelingen door Den Haag en omstreken; Geachte confrère; Juridische varia; Plato's dood; Bint scenario's; Varia. 1988, 634 p. Kritisch proza. 1989, 623 p. Kritisch proza, addenda, bibliografie, registers. 1991, 659 p.

Gebruik van name in sy werk Die name wat hy in sy romans gebruik is opvallend. In Bint kom die volgende lys van name voor: Peert – Kiekertak – Bolmikolke – Klotterbooke – Taas Daamde – Whimpysinger – De Moraatz – Van der Karbargenbok – Surdie Finnis - Schattenkeinder. Enkele name uit Karakter is: Dreverhaven – Katadreuffe – Stroomkoning – Te George – Rentenstein – De Gankelaar – Den Hieperboree. In Blokken kom die name Glüschaint - De Marcas - Tannenhof - Tekalopte en Ypsilinti voor. Daar word beweer dat hy hierdie name in die telefoongids gevind het. 'n OndersoekBestaan de bizarre namen in het werk van Bordewijk echt? Besoek op 4 Julie 2013 het egter getoon dat dit nie die geval is nie.

Pryse 1949 - Prijs voor kunsten en wetenschappen vir Noorderlicht 1953 - P.C. Hooft-prys vir De doopvont en Studiën in volksstructuur 1957 - Constantijn Huygens-prys vir sy gehele oeuvre

Bibliografie duimnael|Bordewijk (1954) 1916 - Paddestoelen (onder die skuilnaam Ton Ven) 1918 - Een koning van de frase (in die tydskrif Groot Nederland) 1919 - Fantastische vertellingen, verhalen 1923 - Fantastische vertellingen, tweede bundel 1924 - Fantastische vertellingen, derde bundel 1931 - Blokken; de mislukking van een heilstaat (roman) 1933 - Knorrende beesten; de roman van een parkeerseizoen (roman) 1934 - Bint, de roman van een zender (roman) 1935 - De laatste eer, grafreden 1935 - 't Ongure Huissens 1936 - Rood paleis; ondergang van een eeuw (roman) 1936 - IJzeren agaven; studie in zwart met kleuren 1937 - De wingerdrank (ses novelle) 1938 - Huis te Huur (onderdeel Boekenweekgeschenk 1938) 1938 - Karakter; roman van zoon en vader (roman) 1940 - De Korenharp 1940 - Drie toneelstukken 1941 - Apollyon (roman) 1944 - Verbrande erven (as Emile Mandeau) 1946 - Eiken van Dodona 1946 - Veuve Vesuvius 1947 - Bij gaslicht (verhale) 1947 - Vijf fantastische vertellingen 1948 - Noorderlicht (roman) 1948 - Plato's dood, symfonisch gedicht 1948 - Rotonde (opera libretto) 1949 - Blokken, Knorrende beesten, Bint (bundel) 1949 - Het eiberschild 1949 - Nachtelijk paardengetrappel 1949 - Zwanenpolder; twintig verhalen 1950 - Vertellingen van generzijds 1951 - De korenharp, nieuwe reeks 1951 - Studiën in volksstructuur 1952 - De doopvont 1954 - Haagse mijmeringen 1954 - Mevrouw en meneer Richebois; twintig korte verhalen 1955 - Arenlezing uit De korenharp (bloemlesing) 1955 - Bloesemtak 1955 - Onderweg naar de Beacons; twaalf korte verhalen 1956 - Geachte confrère; splendeurs en misères van het beroep van advocaat 1956 - Halte Noordstad; vermeerderd met drie eenacters en een monoloog (toneelstuk) 1956 - Tien verhalen 1957 - Idem; tien parodieën 1958 - De aktentas, tien korte verhalen 1959 - De zigeuners; twaalf korte verhalen en een schets 1960 - Centrum van stilte; vijf verhalen 1961 - Tijding van ver (roman) 1961 - Paddestoelen (raad in) rijm (onder die skuilnaam Ton Ven) 1962 - Wandelingen door Den Haag en omstreken (onder die skuilnaam Ton Ven) 1964 - Lente; zeven verhalen 1964 - Jade, jaspis en de jitterbug (onder die skuilnaam Ton Ven) 1965 - De Golbertons

Postuum uitgegee 1981 - Dreverhaven en Katadreuffe. Nawoord Pierre H. Dubois 1981 - De Joodse cel 1982 - Kritisch proza. Samesteller - Dirk Kroon 1982 - Kelders en paleizen. Zeventien verhalen. Samesteller en inleiding Pierre H. Dubois 1982 - Zeven fantastische vertellingen; nagelaten feuilletons. Nawoord J.A. Dautzenberg 1982-1991 - Verzameld werk (dertien dele) 1983 - Vijf kleine verhalen. Nawoord J.A. Dautzenberg 1984 - Het vegetarisme van Mr. J.P. de Vries 1984 - De publieke fotolach 1984 - Straatnamen 1984 - De Fruitkar. Vroeër verskyn in Vertellingen van generzijds (1950). Inleiding deur W.F. Hermans 1999 - Huis te huur. Elf surrealistische verhalen. Nawoord Hans Anten 2005 - Vrouwenhaar 2007 - Nagelaten documenten

Verfilmings van sy werk 1971 - Karakter, minireeks deur Walter van der Kamp, met Ko van Dijk jr. as Dreverhaven en Lex van Delden as Katadreuffe 1972 - Bint, deur Jan Blokker en Krijn ter Braak, uitgesaai deur die Vpro 1997 - Karakter, bioskoopfilm deur Mike van Diem. Dit het 'n Oscar gewen vir beste nie-Engelstalige film, met Jan Decleir as Dreverhaven en Fedja van Huêt as Katadreuffe

Werke oor F. Bordewijk Victor E. van Vriesland: F. Bordewijk. Een inleiding tot en keuze uit zijn werk (1949) Pierre H. Dubois: Over F. Bordewijk. Een karakteristiek van zijn schrijversarbeid (1953)