Laetitia Heloise Arries is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tans 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika is, waar sy die Ekonomiese Vryheidsvegters verteenwoordig. Arries was 'n raadslid van die George Plaaslike Munisipaliteit tussen 2016 en 2019. Politieke loopbaan Arries is 'n lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters. Sy is in Augustus 2016 as 'n proporsioneel-verteenwoordigende raadslid van die George-munisipaliteit verkies.

Parlementêre loopbaan In Mei 2019 is sy tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies en op 22 Mei 2019 as 'n lid ingehuldig. Sy is een van twee EFF LPs afkomstig van George. Die ander LP is Natasha Ntlangwini.

Arries was tussen 27 Junie 2019 en 6 Mei 2020 'n plaasvervangende lid van die portefeuljekomitee vir menslike nedersettings, water en sanitasie. Op 6 Mei 2020 het sy 'n plaasvervangende lid van die portefeuljekomitee vir maatskaplike ontwikkeling geword.

Verwysings

Eksterne skakels Profiel op Parlement van Suid-Afrika

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Economic Freedom Fighters Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika