Daar is ook ’n asteroïde met die naam 218 Bianca.
Bianca is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 23 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 9 gekry. Dit is daarna genoem na die suster van Katherine in William Shakespeare se toneelstuk The Taming of the Shrew. Dit het ook die naam Uranus VIII.
Bianca behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Perdita, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit. Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe. Buiten sy wentelbaan, radius van 27 km en geometriese albedo van 0,08 is feitlik niks oor Bianca bekend nie.
Op die Voyager 2-foto's lyk Bianca soos ’n langwerpige voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,7 ± 0,2. Die oppervlak het ’n grys kleur.
Sien ook Uranus se natuurlike satelliete
Notas
Verwysings
Skakels
Kategorie:Mane van Uranus