Daar is ook ’n asteroïde met die naam 1285 Julietta.
Juliet is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 3 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 2 gekry. Dit is daarna genoem na Juliet, die heldin in William Shakespeare se toneelstuk Romeo en Juliet. Dit het ook die naam Uranus XI.
Juliet behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Perdita, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit. Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe. Buiten sy wentelbaan, radius van 53 km en geometriese albedo van 0,08 is feitlik niks oor Juliet bekend nie.
Op die Voyager 2-foto's lyk Juliet soos ’n langwerpige voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,5 ± 0,3, wat ’n taamlik uiterse afmeting is. Die oppervlak het ’n grys kleur.
Juliet kan binne die volgende 100 miljoen jaar teen die naburige maan Desdemona bots.
Sien ook Uranus se natuurlike satelliete
Notas
Verwysings
Skakels
Kategorie:Mane van Uranus