Perdita is ’n binnemaan van Uranus. Dit behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit. Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe. Buiten sy wentelbaan, radius van 15 km en geometriese albedo van 0,08 is min oor Perdita bekend.

Ontdekking Sy ontdekking was ingewikkeld. Die eerste foto's van die maan is in 1986 deur Voyager 2 geneem, maar dit is eers meer as ’n dekade later op foto's gesien. In 1999 het Erich Karkoschka dit gesien en gerapporteer. Omdat geen veredere foto's geneem kon word om dit te bevestig nie, is Perdita in 2001 amptelik gedemoveer. In 2003 is ’n voorwerp egter op foto's van die Hubble-ruimteteleskoop gesien waar Perdita veronderstel was om te wees en eindelik kon sy bestaan bevestig word.

Ná sy ontdekking in 1999 het dit die voorlopige naam S/1986 U 10 gekry. Dit is daarna genoem na Perdita (Latyn vir "verlore"), ’n karakter in William Shakespeare se toneelstuk The Winter's Tale. Dit het ook die naam Uranus XXV.

Perdita is in ’n 43:44-baanresonansie met die nabygeleë maan Belinda en na aan ’n 8:7-resonansie met Rosalind.

Sien ook Uranus se natuurlike satelliete

Notas

Verwysings

Bronne

Skakels

Kategorie:Mane van Uranus