Despina, ook bekend as Neptunus V, is die derde binneste maan van Neptunus. Dit is genoem na ’n nimf in die Griekse mitologie, die dogter van Poseidon and Demeter.

Geskiedenis en eienskappe links|200px|thumb|’n Rekenaarsimulasie van hoe Despina lyk. Despina is laat in Julie 1989 ontdek op foto's wat die ruimtetuig Voyager 2 geneem het. Dit het die voorlopige naam S/1989 N 3 gekry. Op 16 September 1991 het hy sy naam Despina gekry.

Despina se deursnee is sowat 152 km.Dit het ’n onreëlmatige vorm en toon geen tekens van enige geologiese modifikasie nie. Dit is waarskynlik saamgestel uit fragmente van Neptunus se oorspronklike mane wat afgesplinter het in botsings teen Triton kort nadat dié maan aangetrek en in sy baie eksentrieke wentelbaan vasgevang is.

Despina se wentelbaan lê naby, maar buite dié van Talassa en net binne die Le Verrier-ring. Dit het ’n sinchroniese rotasie en sy wentelbaan word al hoe kleiner; eindelik sal dit teen die planeet se atmosfeer bots en ’n nuwe ring van Neptunus word.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Mane van Neptunus