Portia is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 3 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 1 gekry. Dit is daarna genoem na Portia, die heldin in William Shakespeare se toneelstuk The Merchant of Venice. Dit het ook die naam Uranus XII.
Portia is die tweede grootste van die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Perdita insluit. Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe. Die grootste een van hulle is Puck. Die mane se wentelbane word al hoe kleiner weens gety-invloede en Portia sal eendag óf verbrokkel en ’n ring om Uranus vorm óf teen die planeet bots.
Buiten sy grootte van sowat 140 km, wentelbaan en geometriese albedo van 0,08 is feitlik niks oor Portia bekend nie.
Op die Voyager 2-foto's lyk Portia soos ’n lang voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,8 ± 0,1. Die oppervlak het ’n grys kleur. Waarnemings met die Hubble-ruimteteleskoop en groot grondgebaseerde teleskope het bewyse gevind van waterys-absorpsie in Portia se spektrum.
Galery
Sien ook Uranus se natuurlike satelliete
Notas
Verwysings
Skakels
Kategorie:Mane van Uranus