Daar is ook ’n asteroïde met die naam "900 Rosalinde".
Rosalind is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 13 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 4 gekry. Dit is daarna genoem na ’n karakter in William Shakespeare se toneelstuk As You Like It. Dit het ook die naam Uranus XIII.
Rosalind behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Portia, Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Kupido, Belinda en Perdita insluit. Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe. Buiten sy wentelbaan, radius van 36 km en geometriese albedo van 0,08 is feitlik niks oor Rosalind bekend nie.
Op die Voyager 2-foto's lyk Rosland soos ’n feitlik ronde voorwerp. Die verhouding van die asse is 0,8 ± 1,0. Die oppervlak het ’n grys kleur.
Rosalind is baie na aan ’n 3:5-baanresonansie met die maan Cordelia.
Sien ook Uranus se natuurlike satelliete
Notas
Verwysings
Skakels
Kategorie:Mane van Uranus