duimnael|Vlag van PAIGC Afrika Party vir die Onafhanklikheid van Guinee en Kaap Verde (Portugees: Partido Africano para a Independência da Guiné e Cabo Verde (PAIGC) was 'n versetbeweging en is 'n politieke party in Guinee-Bissau en tot 1981 in Kaap Verde.
Die party is in 1956 gestig om 'n weerstandsbeweging te lei wat na onafhanklikheid van Guinee-Bissau en Kaap Verde gestreef het. Die belangrikste stigter was Amílcar Cabral, landbou-ingenieur, skrywer en politikus, wat die PAIGC tot 'n formidabele guerrilla-beweging opgebou het en wat ook 'n leidende rol gespeel het in die stryd om onafhanklikheid van die Portugese kolonies in Afrika.Peter Karibe Mendy (2013) Historical Dictionary of the Republic of Guinea-Bissau, Scarecrow Press, bl.305
Na Guinee-Bissau se onafhanklikheid in 1973 (deur Portugal in 1974 erken), en Kaap Verde se onafhanklikheid in 1975, was die party 'n marxistiese-leninistiese eenheidsparty. Tot voor die die staatsgreeppoging teen die president van Guinee-Bissau Luis Cabral in 1980, het die PAIGC gestreef na 'n unie tussen Guinee-Bissau en Kaap Verde. Daarna is staatkundige en partybande tussen die twee lande verbreek.
Die PAIGC-tak in die Kaap Verde het in 1981 sy naam verander na PAICV (Afrika Onafhanklikheidsparty van Kaap Verde).
Sekretarisse-generaal / voorsitters van die PAIGC duimnael|Kontrolepunt wat in 1974 deur PAIGC in Guinee-Bissau opgestel is, na die verklaring van onafhanklikheid.Amílcar Cabral - 1956-1973 Aristides Pereira - 1973-1977 Luís Cabral - 1977-1980 João Bernardo Vieira, sekretaris-generaal (November 1981), president (Oktober 1986) Francisco Benante, president (September 1999) Carlos Gomes Júnior (Cadogo Jr.), president (Februarie 2002)
Verwysings
Eksterne skakel Amptelike webwerf van die PAIGC
Kategorie:Guinee-Bissau Kategorie:Kaap Verde