thumb|274x274px|’n Kunstenaar se voorstelling van die Aarde oor ’n paar miljard jaar, wanneer die Son ’n rooireus sal wees. Hoewel die toekoms nooit met absolute sekerheid voorspel kan word nie, kan ’n mens sekere voorspellings vir ’n tydlyn van die verre toekoms waag aan die hand van verskeie wetenskaplike terreine, al is dit net in die breedste sin. Dié terreine sluit in astrofisika, wat onthul het hoe planete en sterre vorm, met mekaar ’n wisselwerking het en tot ’n einde kom; deeltjiefisika, wat onthul het hoe materie op die kleinste skale optree; evolusionêre biologie, wat voorspel hoe lewe mettertyd sal ontwikkel; en plaattektoniek, wat wys hoe kontinente oor millenniums skuif.

Alle voorspellings oor die toekoms van die Aarde, Sonnestelsel, en heelal moet die tweede wet van termodinamika in ag neem wat bepaal dat entropie, of ’n verlies van die energie wat beskikbaar is om werk te doen, mettertyd moet toeneem. Sterre se voorraad waterstofbrandstof sal eindelik opraak en hulle sal ophou brand. Wisselwerkings tussen hemelliggame sal veroorsaak dat swaartekrag planete uit hulle steromgewings werp, en sterre en hulle planete uit sterrestelsels.

Fisici verwag dat materie self eindelik onder die invloed van radioaktiewe verval sal kom, want selfs die stabielste materiale breek op in subatomiese deeltjies. Huidige data dui daarop dat die heelal ’n plat geometrie het (of baie na aan plat) en dit sal dus nie ná ’n eindige tyd inkrimp nie, en die oneindige toekoms maak voorsiening vir ’n aantal uiters onwaarskynlike gebeure, soos die vorming van Boltzmann-breine.

Die tydlyne in dié artikel dek gebeure van die begin van die 11de millenniumDie presiese beginpunt is 00:00 op 1 Januarie 10001 n.C. tot die verste toekoms. ’n Paar alternatiewe gebeure in die toekoms word gelys om rekenskap te gee van kwessies wat nog onopgelos is, soos of die mens sal uitsterf, of protone verval en of die Aarde sal oorleef wanneer die Son uitsit en ’n rooireus word.

Sleutel

16px|Sterrekunde en astrofisika Sterrekunde en astrofisika 16px|Geologie en planetologie Geologie en planetologie 16px|Biologie Biologie 16px|Deeltjiefisika Deeltjiefisika 16px|Wiskunde Wiskunde 10px|Tegnologie en kultuur Tegnologie en kultuur

Die Aarde, Sonnestelsel en heelal 24px Jare van nou af Gebeurtenis 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 10 000 As ’n defek van die Wilkesibekken-"ysprop" in die volgende paar eeue die Oos-Antarktiese Yslaag in gevaar stel, sal dit so lank duur om heeltemal te smelt. Seevlakke sal met 3 tot 4 meter styg. 16px|Sterrekunde en astrofisika 10 000Dit is die tyd wanneer die gebeurtenis heel waarskynlik sou gebeur het. Dit kan enige tyd van nou af gebeur. Die rooisuperreus Antares sou waarskynlik in ’n supernova ontplof het. Die ontploffing behoort in daglig maklik van die Aarde af sigbaar te wees. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 15 000 Volgens die Saharapompteorie sal die presessie van die Aarde se pole die Noord-Afrika-moeson ver genoeg noord skuif dat die Sahara weer ’n tropiese klimaat sal hê, soos wat dit 5 000 tot 10 000 jaar gelede gehad het. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 17 000 Volgens ramings tyd vir ’n "beskawingsbedreigende" supervulkaniese uitbarsting groot genoeg om 1 000 gigaton lawa uit te spoeg. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 25 000 Die noordelike poolyskap op Mars kan kleiner word terwyl die planeet ’n hittehoogtepunt van die noordelike halfrond bereik tydens die sowat 50 000-jarige periheliumpresessie-aspek van sy Milankovitch-siklus. 16px|Sterrekunde en astrofisika 36 000 Die klein rooidwerg Ross 248 sal binne 3,024 ligjare van die Aarde af verbybeweeg en die naaste ster aan die Son word. Dit sal ná sowat 8 000 jaar verder weg beweeg, en dan sal eers Alpha Centauri (weer) en daarna Gliese 445 die naaste sterre wees. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 50 000 Volgens Berger en Loutre sal die huidige interglasiale tydperk eindig, en die Aarde sal weer in ’n glasiale tydperk van die huidige Ystydperk inbeweeg, ongeag die uitwerking van globale verhitting.

Die Niagara-waterval sal die oorblywende 32 km na die Eriemeer weggevreet het, en dit sal ophou bestaan.

Die baie gletsermere van die Kanadese Skild sal vernietig wees deur postglasiale opheffing en erosie. 16px|Sterrekunde en astrofisika 50 000 Die lengte van die dag wat vir sterrekundige tydhouding gebruik word, word sowat 86 401 sekondes vanweë maangetye wat die Aarde se rotasie vertraag. Volgens die huidige tydhoudingstelsel sal óf ’n skrikkelsekonde elke dag by die horlosie gevoeg moet word óf andersins sal die lengte van die dag amptelik met ’n sekonde verleng moet word. 16px|Sterrekunde en astrofisika 100 000 Die eiebeweging van sterre oor die naghemel, wat die gevolg is van hulle beweging deur die Melkweg, maak baie van die sterrebeelde onherkenbaar in vergelyking met vandag se vorms. 16px|Sterrekunde en astrofisika 100 000 Die hiperreusester VY Canis Majoris sal moontlik in ’n supernova ontplof het. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie > 100 000 As een van die langtermynuitwerkings van aardverhitting, sal 10% van antropogeniese koolstofdioksied steeds in ’n gestabiliseerde atmosfeer bly. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 250 000 Lōʻihi, ’n jong vulkaan sowat 35 km van die suidooskus van die eiland Hawaii, sal bo die oppervlak van die oseaan uitstyg en ’n nuwe vulkaaneiland word. 16px|Sterrekunde en astrofisika c. 300 000 Op ’n tydstip in die volgende paar honderdduisend jaar sal die Wolf-Rayetster WR 104 dalk in ’n supernova ontplof. Daar is ’n klein kans dat WR 104 vinnig genoeg tol om ’n gammaflits te veroorsaak, en ’n selfs kleiner kans dat so ’n flits ’n bedreiging kan inhou vir die lewe op Aarde. 16px|Sterrekunde en astrofisika 500 000Die Aarde sal moontlik getref wees deur ’n asteroïde met ’n deursnee van rofweg 1 km, met die veronderstelling dat dit nie voorkom kan word nie. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 500 000 Die rowwe terrein van die Nasionale Park Badlands in Suid-Dakota sal heeltemal deur erosie weggevreet wees. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 1 miljoen Meteoorkrater, ’n groot impakkrater in Arizona, wat as die "varsste" in sy soort beskou word, sal deur erosie weggevreet wees. 16px|Sterrekunde en astrofisika 1 miljoen Die verste tyd in die toekoms dat die rooisuperreus Betelgeuse in ’n supernova sal ontplof. Die supernova sal minstens ’n paar maande lank in die daglig van die Aarde af sigbaar wees. Dit kan selfs binne 100 000 jaar gebeur. 16px|Sterrekunde en astrofisika 1 miljoen Desdemona en Cressida, mane van Uranus, sou waarskynlik gebots het. 16px|Sterrekunde en astrofisika 1,4 miljoen Die ster Gliese 710 sal binne 9 000 AE (0,14 ligjare) van die Son af kom voordat dit wegbeweeg. Dit sal voorwerpe versteur in die Oortwolk, ’n halo van ysliggame in ’n wentelbaan aan die buiterand van die Sonnestelsel. ’n Botsing van ’n komeet in die binneste Sonnestelsel is waarskynlik. 16px|Biologie 2 miljoen Geraamde tyd vir die herstel van koraalrif-ekostelsels van versuring wat deur die mens veroorsaak is; die herstel van mariene ekostelsels ná die versuringsvoorval wat sowat 65 miljoen jaar gelede plaasgevind het, het omtrent so lank geneem. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 2 miljoen+ Die Grand Canyon sal verder deur erosie weggevreet word en effens verdiep, maar hoofsaaklik vergroot tot ’n breë vallei wat die Coloradorivier omring. 16px|Sterrekunde en astrofisika 2,7 miljoen Die gemiddelde wentelhalveertyd van huidige sentoure, wat onstabiel is vanweë swaartekragwisselwerkings met die buitenste planete. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 10 miljoen Die breër wordende Oos-Afrikaanse Skeurvallei word oorstroom deur die Rooisee, en ’n daaropvolgende nuwe oseaan sal die kontinent Afrika verdeel. Die Afrikaplaat sal ook verdeel word in die nuwe Nubiese en die Somaliplaat. 16px|Biologie 10 miljoen Geraamde tyd vir die volle herstel in biodiversiteit ná ’n moontlike Holoseen-uitwissing, indien dit op dieselfde skaal as die vyf vorige uitsterwingsvoorvalle was.

Selfs sonder ’n massauitwissing sal die meeste huidige spesies uitgesterf het weens die natuurlike uitsterwingstempo, en baie klades sal geleidelik in nuwe vorme ontwikkel het. 16px|Sterrekunde en astrofisika 10 miljoen – 1 miljard Kupido en Belinda, mane van Uranus, sou moontlik gebots het. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 25 miljoen Volgens Christopher R. Scotese sal die beweging van die San Andreas-breuk veroorsaak dat die Golf van Kalifornië in die Sentrale Vallei invloei. Dit sal ’n nuwe binnelandse see aan die weskus van Noord-Amerika vorm. 16px|Sterrekunde en astrofisika 50 miljoen Die verste moontlike tyd in die toekoms dat Mars se maan Phobos teen die planeet sal bots. 16px|alt=Geologie en planetologie|Geologie en planetologie 50 miljoen Volgens Christopher R. Scotese sal die beweging van die San Andreas-breuk veroorsaak dat die huidige liggings van Los Angeles en San Francisco saamsmelt. Die Kaliforniese kus sal in die Aleoetiese Trog afgedruk word.

Afrika se botsing teen Eurasië sluit die Middellandse Bekken en skep ’n bergreeks soortgelyk aan die Himalaja.