Die M133 is 'n turboaangejaagde viersilinderenjin wat deur Mercedes-Benz vervaardig word. Sedert sy debuut in 2013, is dit drie keer bekroon as die "Internasionale Enjin van die Jaar" in die kategorieë "Beste nuwe enjin" en "1,8 liter tot 2 liter".
Ontwerp Die M133 se ontwerp is gebaseer op die M270-enjin, maar is deeglik hersien deur AMG. Dit bevat 'n dubbelveeg-turboaanjaer, BlueDIRECT- direkte inspuiting, yster-koolstoflegering op die silinderwande om wrywing te verminder, en sirkoon in die silinderkoppe om die termiese geleiding te verhoog. Die verkoelingstelsel is ook gebaseer op die een wat in die Mercedes-Benz SLS AMG gevind word. Die M133 is in 2015 opgedateer en bied prestasieverbeterings van 15 kW en 25 Nm.
Modelle Enjin Krag Wringkrag Jare M133 DE20 LA 265 kW teen 6000 opm 450 Nm teen 2250–5000 opm 2013–2015 280 kW teen 6000 opm 475 Nm teen 2250–5000 opm 2015–2018
Verwysings
Kategorie:Mercedes-Benz-enjins