duimnael|regs|Mariner 9 Mariner 9 (Mariner Mars '71 / Mariner-I) is 'n onbemande ruimtetuig wat baie tot die verkenning van Mars bygedra het. Dit was deel van NASA se Mariner-program, en is op 30 Mei 1971 vanaf Lanseringkompleks 36 by Kaap Canaveral se Amerikaanse Lugmagbasis gelanseer. Die ruimtetuig het die planeet op 14 November van dieselfde jaar bereik en het die eerste ruimtetuig geword om in 'n wentelbaan om 'n ander planeet te gaan. Dit het die Sowjetunie se sondeerder Mars 2 (op 19 Mei gelanseer) en Mars 3 (op 28 Mei gelanseer) net-net geklop. Albei die Sowjet-ruimtetuie het net enkele weke later by Mars gearriveer.
Verwysings
Kategorie:Mars-wenteltuie Kategorie:Ruimtetuie