Gebeure Daar is aanwysings dat in hierdie jaar 'n groot vulkaniese uitbarsting plaasvind wat atmosferiese effekte en honger in die Middellandse Seegebied asook in China veroorsaak. Italia Die situasie in Etrurië bly gevaarlik vir die Romeine. Die propraetor kry die opdrag Arretium te beset en gyselaars te vat en na Rome te stuur. Die konsuls M. Claudius Marcellus T. Quinctius Crispinus word deur Hannibal, saam met hul 180 Etruskiese en 40 Fregelliese ruiters in 'n val gelok. Hispania Slag van Baecula - Naby die Guadalquivir by die huidige dorp Santo Tomé verslaan Romeinse magte onder Scipio Africanus die Puniese leër van Hasdrubal. Baktrië Antiochus III begin 'n beleg in Euthydemus se Baktrië wat twee jaar sal voortduur. Verwysings