Gebeure Die Romeinse vloot verras die Illiriërs met 'n aanval. Hulle seil eers na Corcyra, waar Teuta's generaal Demetrius van Pharos die eiland oorgee. Die Romeine seil na Apollonia wat vinnig die Romeinse kant kies. Die Illiriërs moet hulle beleëring van Epidamnus opgee. Die stad kies nou ook die Romeinse kant. Die Romeine gaan aan land en oorval die Ardiaei. Die Romeinse vloot seil na die eiland Issa en breek die Illiriese beleëring. Verwysings