Gebeure Anatolië Ariarathes IV (Εὐσεβής, Eusebés, die vrome) volg sy pa op as koning van Kappadosië. Antiochus III beleër Sinope, wat deur Rodos, Kos en sommige ander Griekse stede gesteun word. Die beleëring misluk. Italië In Rome word die Ludii Plebeii die eerste keer op die Circus Flaminius georganiseer, wat in hierdie jaar voltooi is. Griekeland Demetrius van Pharos poog om 'n aantal klein bondgenote van Rome aan die kus van die huidige Albanië te onderwerp. China Keiser Qin Shi Huang van China stuur 'n groep mense onder leiding van Xu Fu oorsee na die Ooste om die eiland van die onsterflikes, Penglai, te vind en die elikser van onsterflikheid vir hom te gaan haal.
Sterftes Ariarathes III, koning van Kappadosië Verwysings