Die Athabascameer (Engels: Lake Athabasca, Frans: Lac Athabasca; soms ook Athabaska gespel, afgelei van Cree: "daar waar riet is") is die 21ste grootste meer ter wêreld, die tiende grootste meer in Noord-Amerika en die vierde grootste meer in Kanada, buite die Groot Mere, ná die Groot Beremeer, die Groot Slawemeer en die Winnipegmeer. Dit beslaan 'n oppervlakte van 7 850 km², waarvan 26% in Alberta en 76% in Saskatchewan lê.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Athabascameer op 24 Augustus 2002 Die Athabascameer word deur onder andere die Peace- en Athabascariviere gevoed, wat naby die meer saamvloei. Die Athabascameer word deur die Slawerivier met die Groot Slawemeer in die noordweste verbind. Dit behoort tot die Finlay-Peace-Slawe-Mackenzie-rivierstelsel wat in die Arktiese Oseaan uitmond.

Die naam Athabasca is afgelei van die Woud-Cree-woord aðapaskāw, wat "[waar] daar plante een na die ander is" beteken, Bright, William (2004). Native American Place Names of the United States. Norman: University of Oklahoma Press, bl. 52 dalk 'n verwysing na die gespikkelde plantegroei langs die meer.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Alberta Kategorie:Saskatchewan Kategorie:Mere in Kanada