Die Straat van Korea is 'n seestraat in Oos-Asië wat Korea (Suid-Korea) van Japan skei en die Oos-Chinese See, die See van Japan en die Geelsee met mekaar verbind. Dit grens in die noorde aan die suidelike kus van die Koreaanse Skiereiland en in die suide aan die suidwestelike Japanse eilande Kioesjoe en Honsjoe. Dit is sowat 200 km breed en het 'n gemiddelde diepte van 90 tot 100 m.

duimnael|links|Ligging van die Straat van Korea duimnael|links|Suid-Korea en Japan gesien vanaf die Internasionale Ruimtestasie met die Straat van Korea aan die linkerkant Die belangrikste hawestede langs die Straat van Korea is Busan in Suid-Korea en Fukuoka in Japan. Tydens die Russies-Japanse oorlog het op 27–28 Mei 1905 die Slag van Tsushima in die Straat van Korea plaasgevind.

Name van die straat Koreaanse Skiereiland – KioesjoeKoreaanse Skiereiland – Tsushima-eilandTsushima-eiland – KioesjoeInternasionale naam(naam in Afrikaans)Straat van KoreaStraat van Korea Westelike KanaalStraat van Korea Oostelike KanaalSuid-Koreaanse naam 대한해협 - 大韓海峽Daehan Haehyeop"Straat van Korea"Noord-Koreaanse naam 조선해협 - 朝鮮海峽Chosŏn Haehyŏp"Straat van Korea"Japanse naam対馬海峡Tsushima Kaikyō"Straat van Tsushima"朝鮮海峡 of 対馬海峡西水道Chōsen Kaikyō of Tsushima Kaikyō Nishi-suidō"Straat van Korea" of "Straat van Tsushima Westelike Kanaal"対馬海峡 of 対馬海峡東水道Tsushima Kaikyō of Tsushima Kaikyō Higashi-suidō"Straat van Tsushima" of "Straat van Tsushima Oostelike Kanaal"

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Japan Kategorie:Geografie van Suid-Korea Korea, Straat van Kategorie:Stille Oseaan