Die vlag van Hongkong (amptelik die streeksvlag van die Hongkong Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China) is op 4 April 1990 goedgekeur en is sedert 1 Julie 1997 in gebruik. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n gestileerde vyfblaarblom van die hongkongboomorgidee (Bauhinia × blakeana) in die middel.

Sy ontwerp is tydens die derde sitting van die sewende Nasionale Volkskongres op 4 April 1990 goedgekeur. Die presiese gebruik van die vlag word deur wette bepaal wat tydens die 58ste uitvoerende vergadering van die Staatsraad van die Volksrepubliek China in Beijing aanvaar is. Die ontwerp van die vlag is vasgelê in Hongkong se grondwet, dié gebied se grondwetlike dokument, en regulasies oor die gebruik, verbod op gebruik, vlagskending en vervaardiging van die vlag word vermeld in die Ordonnansie oor die Streeksvlag en Streeksembleem. Die vlag van Hongkong is vir die eerste keer amptelik gehys tydens die oorhandigingseremonie op 1 Julie 1997 wat die oordrag van soewereiniteit van die Verenigde Koninkryk terug na China aandui.

Simboliek duimnael|200px|Die vlag van Hongkong wapper langs die nasionale Chinese vlag duimnael|links|’n Bloeiende Bauhinia blakeana-blom Die vlag se ontwerp kom met kulturele, politieke en streeksbetekenisse. Die kleur self is noemenswaardig; rooi is ’n feeskleur vir Hongkongers en word gebruik om ’n sin van viering en nasionalisme oor te dra. en Voorts is die rooi identies aan die rooi wat in die vlag van die Volksrepubliek China gebruik word.(Skedule 1 van die Streeksvlag- en Streeksembleemordinansie) Die posisie van die rooi en wit op die vlag simboliseer die politieke beginsel van “een land, twee stelsels” wat op die streek van toepassing is. Die gestileerde weergawe van die Bauhinia blakeana-blom (wat in Hongkong ontdek is) word bedoel om te dien as ’n simbool van harmonisering vir die teenstrydigheid. Die Kantonese naam van die blom word geskryf as “洋紫荊”, maar word soms in amptelike gebruik verkort na 紫荊/紫荆 aangesien “洋” (yáng) “uitheems” in Kantonees beteken. ’n standbeeld van die plant is op die Goue Bauhinia-plein in Hongkong opgerig.

Voor die aanvaarding van die vlag het die voorsitter van Hongkong se Basieseregformuleringskomitee die noemenswaardigheid van die vlag se ontwerp aan die Nasionale Volksvergadering verduidelik:

Ontwerp Die Hongkongse regering het groottes, kleure en vervaardigingsparameters gespesifiseer waarvolgens die vlag gemaak moet word. Die agtergrond van die reghoekige vlag is rooi van dieselfde skakering as wat in die vlag van die Volksrepubliek China gebruik word. Die hoogte-breedte-verhouding van die vlag is 2:3. In die middel van die rooi baan is ’n vyfblaar gestileerde weergawe van ’n wit Bauhinia × blakeana-blom. Indien ’n sirkel die blom omskryf, moet dit ’n deursnee van 0,6 keer die hoogte van die vlag hê. Die blomblare is ewewydig versprei om die middelpunt van die vlag, straal uit na buite en is in ’n kloksgewyse rigting gepunt. Elk van die blomblare bevat ’n vyfpuntige rooi ster met ’n rooi roei wat op ’n meeldraad sinspeel. Die hofie waarteen die vlag aan die vlagpaal rus, is wit.

350px|senter|Konstruksietekening

Groottespesifikasies Die onderstaande tabel gee al die amptelike groottes vir die vlag weer. Groottes wat hiervan afwyk word as niestandaard beskou. Indien ’n vlag nie van amptelike grootte is nie moet dit ’n vergrote of verkleinde weergawe van een van die amptelike groottes wees.

Grootte Breedte en hoogte in millimeter 1 2880 × 1920 2 2400 × 1600 3 1920 × 1280 4 1440 × 960 5 960 × 640 Voertuigvlag 300 × 200 Vlag vir ondertekeningseremonies 210 × 140 Lessenaarvlag 150 × 100

Kleurspesifikasies Die volgende is benaderde kleure van die Hongkongse vlag in verskillende kleurmodelle. Dit word weergegee in webkleure in heksadesimale notasie, CMYK-ekwivalente*, kleurstofkleure, HSL-ekwivalente en Pantone-ekwivalente.

Kleur Voorbeeld HTML CMYK Tekstielkleur HSL Pantone Rooi #FF0000 0-100-90-0 Rooi 0°,100%,50% 186 Wit #FFFFFF 0-0-0-0 Wit 0°,100%,100% *CMYK-ekwivalente is gebaseer op amptelike lêers wat van Hongkong se protokolwebwerf afgelaai kan word.

Vervaardigingsregulasies Die Ordonnansie oor die Streeksvlag en Streeksembleem stipuleer dat Hongkong se vlag volgens die spesifikasies wat in die ordonnansie uitgelê is, vervaardig moet word. Indien vlae nie in ontwerp volgens die ordonnansie vervaardig word nie, mag die Minister van Justisie ’n versoekskrif aan die landdroshof rig om die persoon of maatskappy wat die vlae vervaardig, te verbied om dit te doen. Indien die landdroshof toegee dat die vlae nie volgens regulasie is nie, mag dit beveel dat die vlae en materiaal wat gebruik is om die vlae te vervaardig, deur die regering in beslag geneem mag word.(Klousule 5 van die Ordonnansie oor die Streeksvlag en Streeksembleem)

Geskiedenis Voorkoloniale tydperk Qing-dinastie (1862–1895) Voor die afskeiding, waar van Hongkong na afloop van die Opiumoorlog aan die Verenigde Koninkryk afgestaan is, het die streek onder die jurisdiksie van die Chinese regering geval en die vlag en wapen van daardie regering gebruik. Voor die oprigting van die kroonkolonie van Hongkong het die Qing-dinastie in China regeer. Ten spyte daarvan dat die regering in 1644 tot stand gekom het, het dit eers in 1862 ’n amptelike vlag gekry. Voor 1898, toe die Tweede Peking-konvensie tussen die Qing-hof en die regering van die Verenigde Koninkryk onderteken is, het die New Territories nog aan die Qing-dinastie behoort. Die vlag self vertoon die “asuurblou draak” op ’n geel agtergrond met die rooi vlampêrel van die driebeenkraai bo links in die skildhoek.

Koloniale vlae Voor Hongkong se soewereiniteitsoordrag is van die koloniale Britse blou vaandel gebruik gemaak. Van toe tot 1997 het die vlag verskeie veranderinge ondergaan.

Gebruik van die Unievlag (1843–1871) In 1843 is ’n seël wat Hongkong verteenwoordig, ingestel. Die ontwerp is gebaseer op ’n plaaslike waterfronttoneel; drie plaaslike handelaars met hul handelsware is op die voorgrond te sien, ’n vierkantig getuigde skip en ’n jonk is in die middelgrond terwyl die agtergrond bestaan uit koniese heuwels en wolke. In 1868 is ’n vlag vir Hongkong bedink wat bestaan het uit ’n Britse blou vaandel met ’n wapen wat op hierdie “plaaslike toneel” gebaseer is. Die ontwerp is egter deur Richard Graves MacDonnell, goewerneur van Hongkong, verwerp.

Eerste koloniale vlag (1871–1876) Op 3 Julie 1869 is opdrag gegee vir ’n nuwe ontwerp vir die vlag van Hongkong teen ’n koste van £3 waarop ’n “heer in ’n aandpak wat op die strand by Kowloon tee koop” verskyn het. Na ’n kort bespreking in die uitvoerende raad is bepaal dat die nuwe ontwerp baie problematies was en dit is afgekeur.

In 1870 is ’n wapen met ’n “wit kroon bo HK” vir die blou vaandel deur die Koloniale Sekretaris voorgestel. Die letters “HK” is weggelaat en drie jaar later het die kroon in volkleur verskyn. Dit is onduidelik presies hoe die wapen in daardie tyd daar uitgesien het, maar dit is onwaarskynlik dat dit die “plaaslike toneel” was. Wat was in alle waarskynlikheid een of ander kroon waaronder die letters “HK” verskyn het of nie. In 1876 is die wapen met die “plaaslike toneel” ( 阿群帶路圖|阿群帶路圖 Prent van “Ar Kwan” wat die Britse soldaat lei) weer aanvaar op die blou vaandel met goedkeuring van die Admiraliteit.

Tweede kolonial vlag (1876–1955) Gedurende ’n owerheidsvergadering in 1911 is voorgestel dat die kolonie se naam in Latynse sowel as Chinese skrif op die vlag verskyn. Dit is egter afgekeur omdat die vir Chinese en Europeërs “gek” sou lyk. Die vlag wat uiteindelik aanvaar is was ’n blou vaandel met ’n “plaaslike toneel” van handelaars op die voorgrond en handelskepe in Europese en Chinese styl in die agtergrond.

Tydperk van Japannese besetting (1941–1945) Hongkong is gedurende die Tweede Wêreldoorlog, van 1941 tot 1945 deur die Japannese Keiserryk beset. Gedurende die besetting het die Japannese militêre regering die vlag van Japan vir sy amptelike werksaamhede in Hongkong gebruik.

Derde koloniale vlag (1955–1959) Die vlag was soortgelyk aan die een wat voorheen gebruik is. Dit was ’n Britse blou vaandel met ’n plaaslike waterfronttoneel.

Vierde koloniale vlag (1959–1997) Op 21 Januarie 1959 is ’n wapenskild aan Hongkong toegeken deur die Wapenkollege in Londen. Hongkong se vlag is in dieselfde jaar hersien om die wapenskild op die blou vaandel te laat pryk. Hierdie ontwerp is van 1959 tot 1997, met Hongkong se soewereiniteitsoordrag, amptelik gebruik. Sedertdien is die koloniale vlag deur betogers toegeëien as ’n “simbool van antagonisme jeens China”, soos tydens die jaarlikse optog op 1 Julie vir universele stemreg. Hierdie vlag is gebruik saam met ’n blou vlag waarop die wapenskild wat deur diegene wat hulle vir onafhanklikheid beywer, vertoon word.

Ander vlae Vlae van die Goewerneur van Hongkong

Raadsvlae Hongkong Streeksraad Die vlag van die Streeksraad het die regeringsliggaam verteenwoordig wat gedurende die koloniale tydperk verantwoordelik was vir sake rakende die buiteliggende gebiede van die streek. Die vlag vertoon ’n gestileerde wit “R” op ’n hoek van 45 grade op ’n donkergroen agtergrond.

Hongkong Stedelike Raad Die vlag van die Stedelike Raad het die regeringsliggaam verteenwoordig wat gedurende die koloniale tydperk verantwoordelik was vir sake rakende die stedelike areas van die gebied. Die vlag vertoon ’n vereenvoudigde wit Bauhinia blakeana op ’n magenta agtergrond.

Potensiële alternatiewe Tussen 20 Mei 1987 en 31 Maart 1988, voor Hongkong se soewereiniteitsoordrag, is ’n kompetisie geloods onder die inwoners van die streek om te help kies aan ’n vlag vir post-koloniale Hongkong. Van die 7 147 ontwerpe wat ingedien is, was 4 489 vir ’n vlag. Die argitek Tao Ho is gekies om op die beoordelaarspaneel te dien. Hy het hom herinner dat van die ontwerpe grappig was en met politieke kinkel: “Een het aan die een kant ’n hamer en sekel en aan die ander kant ’n dollar-teken gehad.” Sommige ontwerpe is verwerp weens kopieregoortredings soos bv. die embleem van die Stedelike Raad, Hongkong Kunstefees en Hongkong Toerismeraad. Ses ontwerpe is deur die beoordelaars as finaliste gekies maar is almal later deur die Volksrepubliek China verwerp. Ho en twee ander is toe deur China gevra om nuwe voorstelle in te dien.

Ho het in ’n park gewandel op soek na inspirasie en ’n Bauhinia blakeana-blom opgetel. Hy het die simmetrie van die vyf blomblare waargeneem en hoe die draaipatroon daarvan ’n dinamiese gevoel by hom laat opwel. Dit het tot gevolg gehad dat die blom by die vlag wat Hongkong moes verteenwoordig, geïnkorporeer is. Die ontwerp is op 4 April 1990 tydens die Derde Sitting van die Sewende Nasionale Volkskongres aanvaar, en die vlag is vir die eerste keer, enkele sekondes na middernag op 1 Julie 1997, gehys in die seremonie van die soewereiniteitsoordrag. Dit is saam met die Volksrepubliek China se vlag gehys terwyl die Chinese nasionale lied (Die mars van die vrywilligers) opgeklink het. Die Britse Unievlag en Hongkong se koloniale vlag is enkele sekondes voor middernag gestryk.

’n Seleksie van vlagvoorstelle gedurende die kompetisie van 1987–1988:

Protokol duimnael|200px|Die Hongkongse en Chinese vlag naas mekaar by die patio van die voormalige Gebou van die Wetgewende Vergadering