Die Wide-field Infrared Survey Explorer (WISE) is ’n ruimteteleskoop van Nasa by infrarooigolflengtes wat in Desember 2009 gelanseer is en in Februarie 2011 tydelik buite werking gestel is. Dit is in 2013 gereaktiveer. WISE het duisende kleinplanete en verskeie sterreswerms ontdek. Sy waarnemings het ook die ontdekking ondersteun van die eerste Y-bruindwerg en aardtrojaan-asteroïed.
WISE het oor 10 maande ’n sterrekundige opname van die hele lugruim gedoen met foto's in 3,4, 4,6, 12 en 22 μm-golflengtebande met behulp van ’n infrarooiteleskoop met ’n deursnee van 40 cm terwyl hy in ’n wentelbaan om die Aarde was. Nadat sy waterstofkoelmiddel opgeraak het, is met ’n sendinguitbreiding vir vier maande, bekend as NEOWISE, begin sodat dit met sy oorblywende vermoëns kan soek na naby-aarde-voorwerpe (NAV's) soos komete en asteroïeds.
WISE se lugruimdata, insluitende ontwikkelde foto's, bronkatalogusse en rou data, in op 14 Maart 2012 aan die publiek beskikbaar gestel en is in ’n argief met infrarooi data beskikbaar. In Augustus 2013 het Nasa aangekondig hy gaan WISE reaktiveer vir ’n nuwe drie jaar lange sending om na asteroïede te soek wat met die Aarde kan bots.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Ruimteteleskope