Die vlag van die Britse Indiese Oseaangebied is op 8 November 1990 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met sewe golwende wit bane op die blou agtergrond, ’n unievlag in die skildhoek en ’n palmboom met ’n kroon oor die stam op die wapperkant.

Geskiedenis Die vlag bevat die unievlag in die skildhoek en beeld die water van die Indiese Oseaan, waar die eilande geleë is, uit in die vorm van wit golwende bane op ’n blou agtergrond. Die vlag vertoon ook ’n palmboom wat bo die kroon van Sint Eduard uittroon. Die vlag is tydens die 25ste herdenking van die gebied deur koningin Elizabeth II vir gebruik verleen aan die kommissaris en die vlag het slegs halfamptelike status. Amptelike BIOT-embleme . Kabel en Koordloos Diego Garcia. Besoek op 1 Februarie 2007.

Aangesien siviele besoekers nie in die Britse Indiese Oseaangebied toegelaat word nie, is die gebruik van die vlag onseker. ’n Video wat deur die Vlootsteunfasiliteit in Diego Garcia vrygestel is, toon ’n toneel waar die vlag op land in die gebied gehys is. Bevelvideo. Vlootsteunfasiliteit, Diego Garcia. Besoek op 28 Augustus 2006. Die enigste nedersettings op die eilande is die Anglo-Amerikaanse vloot- en lugmagbasisse.

Die vlag word in Diego Garcia naas die Amerikaanse vlag vertoon. Albei word teen sononder gestryk.

Die vlag is ontwerp vir die kommissaris van die Britse Indiese Oseaangebied. Die kommissaris se basis is die Kantoor vir die Buiteland en die Gemenebes in Londen. CIA – Die Wêreldfeiteboek – Britse Indiese Oseaangebied . Besoek op 28 Augustus 2006

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Britse Indiese Oseaangebied by Flags of the World.

Kategorie:Britse Indiese Oseaangebied Britse Indiese Oseaangebied