Kiëf-Roes (Russies: Киевская Русь, Kijefskaja Roes; Oekraïens: Київська Русь, Kijiwska Roes), of die Kiëfse Ryk, was van die laat 9de eeu tot die middel 13de eeu ’n losse federasieJohn Channon & Robert Hudson, Penguin Historical Atlas of Russia (Penguin, 1995), bl. 16. van Oos-Slawiese en Finse volke in EuropaKievan Rus, Encyclopædia Britannica Online. onder die heerskappy van die Rjoerik-dinastie. Dit was die eerste georganiseerde staat met 'n Oos-Slawies-Ortodokse identiteit en die staatkundige beginpunt van 'n lang historiese proses wat in die 20ste eeu uiteindelik op die stigting van drie onafhanklike state – Rusland, Belarus en Oekraïne – sou uitloop waarin Kiëf-Roes se kulturele en godsdienstige erfenis voortleef.

duimnael|links|Wikings was berugte seerowers en plunderaars, maar ook bekwame handelaars wie se handelstrome 'n ekonomiese kringloop in die vroeë Middeleeue laat ontstaan het. Silwer was die dryfkrag agter die handelsaktiwiteite van Sweedse Wikings in Oos-Europa. Die foto wys mans- en damesklere uit die Sweedse Wiking-bloeitydperk met silwerversierings duimnael|links|Die doop van Kiëf-Roes, deur Wiktor Wasnetsof. Die dryfkrag agter die vorming van Kiëf-Roes was die handelsbelange van Wiking-avonturiers wat met hul gesofistikeerde bote Oos-Europa langs sy waterweë binnegedring het om hul handelsgoedere te ruil vir een produk waarvoor die Sweedse Wiking-beskawing 'n byna onversadigbare afsetmark was – silwer uit die Midde-Ooste, een van die vernaamste Wiking-statussimbole, soos weerspieël in ruim 90 000 muntstukke en ander waardevolle voorwerpe wat argeologiese opgrawings in Skandinawië opgelewer het. Om handelsroetes te beskerm, is handelsposte langs die kus en later, as versterkte nedersettings, in die binneland gestig.

Die tweede belangrike invloedfaktor, wat Kiëf-Roes se ontwikkeling sou bepaal, was sy uitgestrektheid en sy yl bevolking. Kiëf-Roes se beskawing het gefloreer in die wye driehoek wat deur die Karpate-bergreeks, die Peipus- en Ilmenmere en die monding van die Okarivier in die Wolga gevorm is – 'n gebied groter as Sentraal-Europa. Riviere het hier geen natuurlike grense gevorm nie, maar het maklike toegang verskaf vir diegene wat die bootsboukuns bemeester het om hulle te kan bevaar. Die mees bevolkte demografiese kerngebied van Kiëf-Roes het in die loop van die 12de eeu noordwaarts begin verskuif na die boloop van die Wolga, met Soezdal en Vladimir as belangrikste nedersettings.

Kiëf het sy goue tydperk beleef tydens die bewind van Wladimir die Grote (980-1015) en sy seun Jaroslaf die Wyse (1019–1054). In dié tyd was die ryk op sy grootste en het dit gestrek van die Oossee in die noorde tot die Swartsee in die suide, en van die boloop van die Vistularivier in die weste tot die Tamanskiereiland in die ooste.Kyivan Rus’, Encyclopedia of Ukraine, vol. 2 (1988), Canadian Institute of Ukrainian Studies.See Historical map of Kievan Rus' from 980 to 1054. Die meeste Oos-Slawiese stamme was onder die ryk verenig.

Volgens die Russiese historiografie was prins Oleg (882-912) die eerste heerser wat die Oos-Slawiese grondgebiede begin verenig het in wat as Kiëf-Roes bekend geword het. Hy het sy heerskappy uitgebrei van Nowgorod af suid met die Dnjeperriviervallei langs om handel te beskerm teen Chasaarse invalle uit die ooste, en hy het sy hoofstad na die strategieser Kiëf (Kijif) geskuif. Swjatoslaf I (oorlede 972) het die Kiëfse grondgebied die eerste keer in ’n groot mate uitgebrei nadat hy die Chasare verslaan het. Wladimir die Grote het die Christendom ingevoer nadat hy self gedoop is. Kiëf-Roes was op sy grootste onder Jaroslaf die Wyse. Sy seuns het kort ná sy dood die eerste geskrewe regskode, die Roesskaja Prawda, opgestel.Bushkovitch, Paul. A Concise History of Russia. Cambridge University Press. 2011.

Die staat het in die laat 11de eeu begin agteruitgaan en in die 12de eeu in verskeie mededingende streeksmagte verbrokkel.Paul Robert Magocsi, Historical Atlas of East Central Europe (1993), bl. 15. Dit is verder deur ekonomiese faktore verswak, soos die einde van die ryk se handelsbande met die Bisantynse Ryk weens die agteruitgang van Konstantinopel, en die gepaardgaande verswakking van handelsroetes deur die gebied. Terwyl silwermyne in die Midde-Ooste in dié tyd blykbaar uitgeput was, het die silwermynbou in die Sentraal-Duitse Harzbergreeks in die 12de en 13de eeu 'n bloeitydperk beleef en ook in Skandinawië se behoeftes begin voorsien. Kiëf-Roes is eindelik in die 1240's deur Mongoolse invallers verower.

Naam Tydens sy bestaan was Kiëf-Roes bekend as "die land van die Roes" (Oudslawies: Рѹ́сьскаѧ землѧ, Roesskaja zemlja, van die etnoniem Рѹ́сь, Roes; Grieks: Ῥῶς; Arabies: الروس, al-Rūs). Dit was in Grieks bekend as Ῥωσία, in Frans as Russie of Rossie, in Latyn as Russia en van die 12de eeu af ook as Roetenië. Назаренко А. В. Глава I // Древняя Русь на международных путях: Междисциплинарные очерки культурных, торговых, политических связей IX—XII вв. — М.: Языки русской культуры, 2001. — c. 40, 42—45, 49—50. — . Verskeie bronne vir die naam is al aangevoer, insluitende Ruotsi, die Finse naam vir Swede, en Ros, ’n stam van die middelste Dniepervalleistreek.Paul R. Magocsi, A History of Ukraine (2010), bl. 56-57.

Die term "Kiëf-Roes" is in die 19de eeu in Russiese historiografie veral deur die geskiedkundige Nikolai Karamsin (1766−1826) gevestig om te vewys na die tydperk toe Kiëf die hoofstad was. Dit het daarna na ander tale uitgebrei. Tans gee Russiese en Belarussiese geskiedkundiges die voorkeur aan die meer neutrale term Oud-Russiese Staat aangesien die oorspronge van die staatswese in Nowgorod lê – nog voordat die hoofstad in 882 na Kiyv/Kiëf verskuif is.

Geskiedenis Oorsprong duimnael|’n Benaderde etnies-linguistiese kaart van Kiëf-Roes in die 9de eeu. Die oorsprongsgebied van Kiëf-Roes was in die uitgestrekte bosgebiede van Oos-Europa tussen Oos- en Swartsee langs 'n reeks riviere – die Dnepr (Dnipro), westelike Dwina, Lowat-Wolchof en Wolga – geleë wat almal in die Waldai-heuwelgebied ontspring. Hierdie streek is deur Oos-Slawiese, Baltiese en Finse stamgroepe bewoon en gekenmerk deur 'n eenvoudige ekonomiese stelsel van bestaanslandbou, vissery en veeteelt. Die bewoners was daarnaas ook jagters en versamelaars van vrugte, bessies, neute, sampioene, heuning en ander natuurlike produkte wat in bosse naby hul nedersettings beskikbaar was. Naas een of meer graansoorte is ertjies, lensies, vlas of hennep verbou.Freeze, Gregory L.: Russia. A History. Derde uitgawe. Oxford: Oxford University Press 2009, bl. 1-2 (Kindle-uitgawe)

Elkeen van hierdie stamme het oor sy eie hoof beskik en sy eie godhede vereer, maar hulle het nogtans in aanraking met mekaar gekom deur handelsaktiwiteite soos die ruil van goedere. Op tye was hulle ook in gewapende konflikte gewikkel. Van die kosbaarste goedere, wat hierdie vroeë gemeenskappe voortgebring het (soos velle en gevangenes wat verslaaf is), is deur enkele handelaars op markte in verder afgeleë aangrensende gebiede soos Boelgar teen die middelloop van die Wolga; Itil, die hoofstad van die Kazareryk aan die rivier se boloop; en die Bisantynse buitepos Cherson – 'n kusoord op die Krim-skiereiland – verhandel vir oosterse luukse goedere en silwermunte.

Die presiese omstandighede van die transformasieproses, wat hierdie vroeë stamgroepe in die gemeenskaplike staat Kiëf-Roes saamgesnoer het, bly in die newels van die lewe gehul. Ou legendes en literêre bronne, wat in latere periodes ontstaan het, dui net soos die kennis wat deur argeologiese opgrawings opgedoen is, maar ook die aantekeninge van vreemde waarnemers en besoekers, daarop dat Skandinawiese avonturiere wat as Warangiërs, Wikings of Roes beskryf word, die gebied van Kiëf-Roes in die vroeë 9de eeu binnegedring het. Wolga-markdorpe met hul silwer-rykdomme was hul eerste teiken. Silwermunte en luukse goedere, wat deur roof en plunderinge verkry is, is deur hulle op dieselfde markte verhandel waaraan Slawiese handelaars besoeke gebring het.

Gedurende die 9de eeu is steeds meer langdurige bande met die plaaslike Slawiese bevolkings gesmee. Warangiërs-groepe het as beskermhere opgetree vir Slawiese gemeenskappe en hulle in ruil vir gereelde tribuutbetalings beskerm teen mededingende Skandinawiese roofbendes. Hierdie verhoudings het nie net geblyk om stabiel te wees nie, maar het albei partye tot voordeel gestrek. Slawiese gemeenskappe is nie langer bllotgestel aan sporadiese, maar gewoonlik bloedige aanvalle, terwyl die gewapende Warangiërs in hul behoeftes aan 'n verskeidenheid goedere kon voorsien in ruil vir silwer en oosterse luukse goedere. Geleidelik het die Warangiër- of Roes-leiers die status en karakter van heersers verwerf wat oor Slawiese onderdane geregeer het.Freeze (2009), bl. 5

19de en 20ste eeuse nasionalistiese teorieë Tot in die 19de eeu het wetenskaplikes algemeen aanvaar dat die Roes, na wie in die Nestorkroniek verwys word, van Skandinawiese afkoms was. Vanaf die 18de eeu het nasionaalgesinde Russiese historici pogings onderneem om die Normanistiese teorie te weerlê en 'n Slawiese oorsprong te konstrueer – 'n hipotese waarna as anti-Normannisme verwys word.Gottfried Schramm: Altrusslands Anfang. Historische Schlüsse aus Namen, Wörtern und Texten zum 9. und 10. Jahrhundert. Freiburg im Breisgau: Rombach 2002, bl. 21 Die – beweerde – skaarste aan bronne uit dié tyd het ook aan westerse kant soms ontaard tot wilde spekulasies. So is die Franse Sentraalmassief, Dalmasië en die Duitse Oossee-eiland Rügen as moontlike geografiese oorsprong van die Roes voorgestel.

Vanaf die laat 1920's het 'n nuwe generasie Sowjet-Russiese geskiedkundiges die Normannistiese teorie weer begin steun nadat nasionalisties-burgerlike strominge met die Russiese Rewolusie gaandeweg aan belangrikheid verloor het. So is in Leningrad in 1928 'n gedenkskrif ter ere van die Deense taalkundige Vilhelm Thomsen (1842−1927) gepubliseer – 'n deskundige wat met sy navorsing en ontleding internasionale aansien geniet het en in sy werk The relations between ancient Russia and Scandinavia, and the origin of the Russian state, wat in 1977 in Londen en Oxford verskyn het, steun aan die Normannistiese hipotese verleen het. Soos die Sowjet-Russiese historikus A. E. Presnyakov dit gestel het, is die Normannistiese teorie destyds as vaste bestanddeel van Russiese geskiedskrywing aanvaar. Nog in 1936 het 'n handboek vir geskiedenisonderrig in Russiese hoërskole, wat onder medewerking van die historikus Boris Grekov (1882−1953), een van die voorste Sowjet-Russiese kenners van die geskiedenis van Kiëf-Roes en die Goue Horde, ontstaan het, berig van die "verowering van Slawiese vorstedomme en stamme deur Warangiër-Noormanne (9de eeu)".N. Vanag, B. Grekov, A. Pankratova, S. Piontkowskij: Istorija SSSR. Učebnik dlja srednej školy. T.I.: S drevnejšich vremen do konca XIX v. M. 1936, bl. 17

Niemand anders as Josef Stalin het in die tyd van die Groot Terreur daarop aangedring dat die Russiese historiografie hersien moes word – met die doelwit om 'n suiwer Russiese oorsprong van Kiëf-Roes uit te beeld. Met die Marxistiese historikus Michail Nikolaevič Pokrovskij (1868−1932), skrywer van 'n omvattende werk oor die geskiedenis van Rusland vanuit 'n Marxistiese oogpunt, is dan ook 'n maklike sondebok vir die beweerde vervalsing van Kiëf-Roes se vroeë geskiedenis gevind. Hy is van "vulgêre sosiologisme" beskuldig en sy werke, wat – as 'n mens hulle noukeurig gelees het – ook eksplisiet as 'n kritiek op Stalin se kultus van persoonlikheid geïnterpreteer kon word, is verbied. Die nasionaalgesinde geskiedskrywing is verder gestaaf met Boris Grekov se beskrywing van die feodale verhouding tussen adellike grondbesitters en 'n plattelandse boerebevolking as blote diensverskaffers.