was een van die keiserlike hoofstede van Japan tydens die Asuka-tydperk (538–710), wat na die stad genoem is. Dit is geleë in die hedendaagse dorpie Asuka, Nara-prefektuur.

duimnael|links|Ishibutai Kofun wat glo die graf van Soga no Umako is Daar is verskillende teorieë oor die oorsprong van die paleis se naam, insluitend: dat dit genoem is na 'n voël – die gewone kruisbek, of isuka in Japannees, dat dit genoem is na die landvorm, b.v. 洲処 (suka, wat sandbank of delta beteken) of 崩地 (asu) + 処 (ka) en ander. Ikeda Suenori 池田末則, Yokota Kenichi 横田健一 et al. "飛鳥 (Asuka)" Nara-ken no chimei 奈良県の地名 Heibonsha 平凡社, 1981. bl. 263

Volgens 'n ander teorie is dit genoem na Asuka Nyorai, die Japannese ekwivalent van Akshobhya, een van die Vyf Boeddhas van Wysheid, wat in die Asuka-dera (tempel) aanbid is, die Asuka-niimasu-jinja (heiligdom vir sy manifestasie as 'n Sjinto-god), en verskeie ander strukture uit daardie tydperk. Die ruïnes van die gebou het behou gebly en argeologiese projekte ontdek steeds voorwerpe uit die verlede. Onlangse ontdekkings sluit in Wado-muntstukke, wat oënskynlik van die oudste muntstukke in Japan is, en skilderye in die Kitora-graftes.

Die Ishibutai Kofun is in Asuka geleë. Op 12 Maart 2004 is die ontdekking van 'n woning se hoofgebou aangekondig. Aangesien die gebou langs die kofun geleë is, is dit waarskynlik dat die woning aan Soga no Umako behoort het wat waarskynlik in die kofun begrawe is. In 2026 is die antieke hoofstede Asuka-kyō en Fujiwara-kyō deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Argeologiese vindplekke Kategorie:Antieke nedersettings Kategorie:Geografie van Japan Kategorie:Voormalige hoofstede van Japan Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Japan