() is die hoofstad en die grootste stad van die Nagasaki-prefektuur in Japan. Dit was voorheen deel van die Nisjisonogi-distrik. Dit was in die 16de eeu die middelpunt van Europese invloed. Nagasaki het tydens die Eerste Chinees-Japannese Oorlog en Russies-Japannese Oorlog 'n belangrike basis van die Japannese Keiserlike Vloot geword.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog was Nagasaki die tweede stad ter wêreld wat deur die Amerikaners met 'n atoombom, Fat Man, aangeval is.

Sien ook Tsutomu Yamaguchi, die enigste persoon wat beide atoombomontploffings, Hirosjima en Nagasaki, oorleef het.

Kategorie:Nedersettings in Japan