Fujiwara-kyō (藤原京, in Japannees ook Fujiwara no miyako), was die keiserlike hoofstad van Japan vir sestien jaar tussen 694 en 710. Dit was geleë in die Yamato-provinsie, spesifiek die huidige Kashihara in die Nara-prefektuur, nadat dit van die nabygeleë Asuka geskuif is.

duimnael|links|Fujiwara-kyō Uitgrawings wat steeds voort duur het teen 2006 aangetoon dat die stad van so vroeg as 682 begin aanlê is, naby aan die einde van die Keiser Temmu-tydperk. Ná 'n tussenpose as gevolg van Keiser Temmu se dood is bouwerk hervat tydens die bewind van Keiserin Jitō, wat in 694 die hoofstad amptelik daarheen gekuif het. Fujiwara-kyō het ook as hoofstad gedien tydens die tydperke van Keiser Mommu en Keiserin Gemmei. Die skuif van die hoofstad in 710 na die Heijō Paleis in Nara het die begin van die Nara-tydperk ingelui.

Fujiwara was Japan se eerste hoofstad waarvan die strate in 'n roosterpatroon gegrond op die model van die Cjinese hopofstadstelsel (条坊制 jōbō-sei) aangelê is. Onlangse uitgrawings en studies dui daarop dat die stad 'n oppervlak van ongeveer 5 km x 5 km beslaan het, heelwat groter as oorspronklik aangemeen is. Die paleis het 'n erf van sowat 1 km² beslaan en is deur vyf meter hoë mure omring. Elkeen van die vier mure het drie hekke gehad; Suzakumon (朱雀門, Suzaku-mon), die hoofhek, was in die middel van die suidelike muur geleë. Die Daigokuden (大極殿) en ander paleisgeboue was die eerste paleisstrukture in Japan wat teëldakke in die Chinese styl gehad het.

Die dorp was voorheen die domein van die Nakatomi-klan wat namens die keiserlike hof toesig gehou het oor die beoefening van Sjinto-rituele en -seremonies. Die stad het in 711 afgebrand, 'n jaar na die skuif na Nara, en is nie herbou nie. Argeologiese uitgrawings het in 1934 begin en sommige dele van die paleis is herbou. Byna 10 000 houttablette, wat as mokkan (木簡) bekend staan, met Chinese letters daarop is daar aangetref. In 2026 is die antieke hoofstede Asuka-kyō en Fujiwara-kyō deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Hierdie waka, geskryf deur Keiserin Jitō wat Fujiwara in die somer beskryf, is baie bekend:   「春過ぎて夏来るらし白栲の衣乾したり天の香久山」 haru-sugite natsu-kitarurashi shirotae-no koromo-hoshitaru amanokaguyama

Verwysings

Bronnelys Frederic, Louis (2002). "Japan Encyclopedia." Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press.

Eksterne skakels

Kategorie:Argeologiese vindplekke Kategorie:Antieke nedersettings Kategorie:Geografie van Japan Kategorie:Voormalige hoofstede van Japan Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Japan