Die term romaji (ローマ字, of vroeër 羅馬字) verwys na die gebruik van die karakters van die Latynse alfabet in die Japannese skryfstelsel saam met die kanji, hiragana en katakanaTakako Tomoda, Change in Script Usage in Japanese- A Longitudinal Study of Japanese Government White Papers on Labor, electronic journal of contemporary japanese studies, Artikel 5 in 2005, Vir die eerste keer gepubliseer op 19 August 2005 en die romanisering van Japannees om Japannese terme in vreemde tale weer te geeOmniglot, Japanese Rōmaji (Roman letters), Besoek op 3 Februarie 2007Regeln für die Umschrift des Japanischen in schriftlichen Arbeiten (Japanologisches Seminar der Universität Heidelberg) (PDF), Japanologisches Seminar der Universität Heidelberg, 25 Mei 2002Observatoire Musical Français , Romanisation et présentation de documents comportant du japonais , Université Paris Sorbonne, MINT-OMF, Afgelaai op 29 Januarie 2007 of om Japannees te skryf waar dit nie geleë is om die inheemse skrifte te gebruik nie, soos by die studie van Japannees deur buitelanders of by die invoer van Japannees op rekenaars (Wāpuro rōmaji, letterlik woordverwerker rōmaji). Die gebruik van rōmaji in Japannese tekste is beperk tot tussen 0,4% en 1,6% afhangend van die bronne wat geraadpleeg word.
Die Latynse alfabet is vir die eerste keer in die 16de eeu in Japan gebruik deur Portugese sendelinge wat 'n romanisering-stelsel ontwikkel het gegrond op Portugese spelling. Later het die Nederlanders in Japan 'n romanisering-stelsel gegrond op Nederlands ontwikkel. Teen die 20ste eeu was daar 'n aantal verskillende romaniseringstelsels in gebruik insluitend die Nippon-, Kunrei- en Hepburn-stelsels.
Verwysings
Kategorie:Japannese skryfstelsel
de:Japanische Schrift#Rōmaji