Rjoerik-dinastie (afgelei van die Oudnoorse Hrœrikr "beroemde heerser") was die naam van die eerste heerser van Kiëf-Roes en sy afstammelinge. Die heersers het die titel великий князь (weliki knjaz of grootprins) en later царь (tsaar) gehad en het van die negende tot die dertiende eeu in Kiëf-Roes oor die verskillende stadstate regeer en tot in 1598 oor Moskowië en Rusland. Dit is opgevolg deur die Romanof-dinastie.

Die begin Rjoerik (860 - 879), ’n halflegendariese Skandinawiese Warangiër (Wiking), was die eerste heerser van die streek. Hy het die dinastie begin wat vir die volgende 700 jaar regeer het. Sy hoofstad was Nowgorod in die noorde. Sy opvolger, Oleg, het die hoofstad in omstreeks 880 na Kiëf geskuif en dus die fondament gelê vir wat later as Kiëf-Roes bekendgestaan het.

Die eerste heersers was Skandinawiërs, maar mettertyd het hulle met die Slawiese volke saamgesmelt. Die eenheid in Kiëf-Roes is later versteur, onder meer deur burgeroorloë tussen die verskeie prinse, en teen 1132 het dit begin versplinter in verskeie kleiner state.

Mongole Kiëf-Roes is eindelik in 1240 deur die Mongole vernietig, maar die Rjoerik-dinastie het aanhou regeer oor die verskeie prinsdomme en die opvolgerstate van Kiëf-Roes.

Lys van grootprinse Hier volg ’n lys van die grootprinse en tsaars van die Rjoerik-dinastie.

Grootprins Periode Gebied Opmerking Rjoerik 860 - 879 Nowgorod Oleg die Wyse 879 - 912 Kiëf-Roes Igor die Oue 912 - 945 Kiëf-Roes Olga die Heilige 945 - 962 Kiëf-Roes Swjatoslaf I die Veroweraar 962 - 972 Kiëf-Roes Jaropolk I van Kiëf 972 - 980 Kiëf-Roes Wladimir I die Grote 980 - 1015 Kiëf-Roes Swjatopolk I die Vervloekte 1015 - 1019 Kiëf-Roes Jaroslaf I die Wyse 1019 - 1054 Kiëf-Roes Izjaslaf I 1054 - 1073<br.> + 1076 - 1078 Kiëf-Roes Swjatoslaf II 1073 - 1076 Kiëf-Roes Wsevolod I 1078 - 1093 Kiëf-Roes Swjatopolk II 1093 - 1113 Kiëf-Roes Wladimir Monomach 1113 - 1125 Kiëf-Roes Stigter van die stad Wladimir Mstislaf I die Grote 1125 - 1132 Kiëf-Roes Jaropolk II 1132 - 1139 Kiëf-Roes Wsewolod II 1139 - 1146 Kiëf-Roes Isjaslaf II 1146 - 1154 Kiëf-Roes Met onderbrekings Joeri die Langarm 1154 - 1157 Kiëf-Roes Isjaslaf III 1157 - 1159 Kiëf-Roes Rostislaf 1159 - 1167 Kiëf-Roes Mstislav II 1167 - 1169 Kiëf-Roes Andrei Bogoljoebski 1168 - 1174 Wladimir Michail van Wladimir 1174 - 1176 Wladimir Wsewolod die Groot Nes 1176 - 1212 Wladimir Konstantyn 1212 - 1218 Wladimir Joeri II 1218 - 1238 Wladimir Jaroslaf II 1238 - 1246 Wladimir Mongoolse inval in 1240 Swjatoslaf III 1246 - 1249 Wladimir Andrei II 1249 - 1252 Wladimir Aleksander Nefski 1252 - 1263 Wladimir Daniil 1263 - 1303 Moskowië Jaroslaf III 1263 - 1271 Wladimir Wasili Jaroslawitsj 1271 - 1277 Wladimir Dimitri I 1277 - 1281<br.> + 1283 - 1293 Wladimir Andrei III 1281 - 1283<br.> + 1293 - 1303 Wladimir Michail 1303 - 1318 Wladimir Joeri III Daniilowitsj 1318 - 1322 Wladimir Seun van Daniil van Moskou Dmitri II 1322 - 1325 Wladimir Aleksander Michailowitsj 1325 - 1327 Wladimir Iwan I die Geldsak 1328 - 1341 Moskowië Semjon die Trotse 1341 - 1353 Moskowië Iwan II die Mooie 1353 - 1359 Moskowië Dmitri Donskoi 1359 - 1389 Moskowië Wasili I 1389 - 1425 Moskowië Wasili II 1425 - 1462 Moskowië Iwan III die Grote 1462 - 1505 Moskowië Eerste heerser van die hele Rusland Wasili III 1505 - 1533 Moskowië Iwan IV die Verskriklike 1533 - 1584 Rusland Eerste tsaar van Rusland Fjodor I 1584 - 1598 Rusland Laaste Rjoerik-afstammeling op troon

Sien ook Lys van tsaars van Rusland