Die moderne Japannese skryfstelsel gebruik drie hoofskrifte:
Kanji, 'n logografiese skrif gegrond op Chinese karakters, Hiragana, 'n lettergreepskrif, en Katakana, 'n lettergreepskrif.
Tot 'n mindere mate gebruik moderne geskrewe Japannees ook romaji, die gebruik van die Latynse alfabet in Japannees. Voorbeelde van die gebruik sluit in afkortings soos "CD" en "DVD". Dit is ook moontlik om gesproke of geskrewe Japannees geheel en al in die Latynse alfabet te skryf. Verskeie stelsels vir die romanisering van Japannees word gebruik. Geromaniseerde Japannees, wat ook as rōmaji bekend staan, word baie keer deur buitelandse studente van Japannees gebruik terwyl hulle nog nie die drie hoofskrifte bemeester het nie. Hoewel daar vandag algemene ondersteuning vir direkte invoer van kana op rekenaars is, gebruik moedertaalsprekers baie keer wāpuro rōmaji of "woordverwerker-romaji" om Japannees op rekenaars in te voer.
'n Koerantopskrif in die Asahi Shimbun van 19 April 2004 verskaf 'n voorbeeld waar al vier skrifte saam gebruik word (kanji oranje, hiragana pers, katakana groen, Latynse Alfabet en Arabiese syfers swart):
"Radcliffe sal aan die Olimpiese marathon deelneem, en sal waarskynlik ook in die 10 000 m verskyn"
Voorbeelde van woorde wat in Japannees geskryf is:
KanjiHiraganaKatakanaRōmajiAfrikaansek, mygoue vissie of tabak, sigaretTokio (die hoofstad van Japan), letterlik "oostelike Hoofstad"
Kollasionering (woordbou) in Japannees is gegrond op die kana wat die uitspraak van die woorde uitdruk, eerder as die kanji. Die kana kan volgens twee ordeninge gerangskik word, die veelvoorkomende (vyftig-klank) ordening, of die outydse iroha ordening. Chinese karakter woordeboeke word ook gerangskik volgens die radikaal-stelsel.
Eksterne skakels