is 'n Japannese lettergreepskrif, een van die onderdele van die moderne Japannese skryfstelsel, te same met hiragana en kanji; en rōmaji; die gebruik van die Latynse alfabet in Japannees.Omniglot, Japanese (Nihongo), besoek op 2 Februarie 2008 Hiragana en katakana is beide kana-stelsels waarin elke simbool 'n mora (klankeenheid) voorstel. Die woord katakana beteken "fragmentariese kana," aangesien die katakana karakters afgelei is van komponente van die meer komplekse kanji.

Katakana word gekenmerk deur kort, reguit, hale en skerp hoeke, en is die eenvoudigste van die Japannese skrifte.

Daar is twee hoof stelsels vir die rangskikking van katakana: die outydse iroha-rangskikking, en die meer algemene gojūon-rangskikking.

Geskiedenis duimnael|links|Tabel van katakana-karakters en die Kanji waarvan hulle afgelei is Katakana is in die vroeë Heian-tydperk ontwikkel uit dele van man'yōgana karakters, die verkorte Chinese karakters wat deur Boeddhistemonnike gebruik is om die korrekte uitspraak van Chinese tekste aan te dui in die 9de eeu, as 'n soort fonetiese snelskrif.Matthew White, The Japanese Writing System , California State University, Chico, besoek op 2 Februarie 2008 Aanvanklik was daar baie verskillende simbole wat 'n enkele lettergreep in gesproke Japannees voorgestel het, maar mettertyd is die stelsel vereenvoudig. Teen die 14de eeu was daar oor die algemeen 'n eenduidige ooreenkoms tussen gesproke en geskrewe lettergrepe.Omniglot, Japanese Katakana, besoek op 2 Februarie 2008

'n Voorbeeld van die ontwikkeling van katana is, ka カ wat afkomstig is van die linkerkant van ka 加 "vermeerder". Die tabel na links vertoon die oorsprong van elke katakana: die rooi merke van die oorspronklike Chinese karakters het uiteindelik die ooreenstemmende simbool geword.

Katakanatabel Die onderstaande tabel gee die katakana saam met hulle Hepburn-romanisering aan. Die eerste kaart vertoon die standaard katakana (karakters in is uitgedien, en karakters in is moderne toevoegings tot die katakana wat hoofsaaklik gebruik word om klanke uit ander tale voor te stel). Om katana te leer lees word bemoeilik deur die ooreenkomste tussen die verskillende karakters. Shi シ en tsu ツ , so wel as so ソ en n ン , lyk byvoorbeeld in gedrukte vorm baie soortgelyk behalwe vir die helling en haal-vorm. (hierdie verskille in helling en vorm is meer prominent wanneer met 'n inkborsel geskryf word as gevolg van die rigtings van die hale.) klinkersyōonア aイ iウ uエ eオ o ya yu yoカ kaキ kiク kuケ keコ koキャ kyaキュ kyuキョ kyoサ saシ shiス suセ seソ soシャ shaシュ shuショ shoタ taチ chiツ tsuテ teト toチャ chaチュ chuチョ choナ naニ niヌ nuネ neノ noニャ nyaニュ nyuニョ nyoハ haヒ hiフ fuヘ heホ hoヒャ hyaヒュ hyuヒョ hyoマ maミ miム muメ meモ moミャ myaミュ myuミョ myoヤ yaユ yuヨ yoラ raリ riル ruレ reロ roリャ ryaリュ ryuリョ ryoワ waヲ wo 1ン nガ gaギ giグ guゲ geゴ goギャ gyaギュ gyuギョ gyoザ zaジ jiズ zuゼ zeゾ zoジャ jaジュ juジョ joダ daヂ (ji)ヅ (zu)デ deド doヂャ (ja)ヂュ (ju)ヂョ (jo)バ baビ biブ buベ beボ boビャ byaビュ byuビョ byoパ paピ piプ puペ peポ poピャ pyaピュ pyuピョ pyo

1: ヲ ("wo") klink dieselfde as オ ("o"), maar dit word selde gebruik behalwe wanneer die ooreenstemmende hiragana in 'n slegs-katana omgewing voorgestel moet word. 2: Hierdie katakana is in die onderwysstelsel ingevoer in die vroeë Meiji-tydperk, maar het nooit wydverspreid geword nie.「いろは と アイウエオ」伊豆での収穫

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Japannese skryfstelsel Kategorie:Lettergreepskrif