Pieter I Aleksejewitsj (Russies: Пётр I Алексеевич;Pieter is ook onder die volgende byname bekend: Пётр Алексеев сын Михайлов (Pjotr Aleksejef sin Michailof): Pjotr Michailof, seun van Aleksei; Пётр Михайлов (Pjotr Michailof). Moskou, - Sint Petersburg, ), ook genoem Pieter die Grote,Пётр Великий (Pjotr Weliki) was van 1682 tot 1721 tsaar en tot 1725 die eerste keiser van Rusland.
Tot in 1696 het hy saam met sy halfbroer Iwan V regeer. Daarna was hy die absolute monarg, 'n outokraat wat die uiteindelike gesag gebly en 'n goed georganiseerde, ordelike polisiestaat op die been gebring het.
Die grootste deel van sy bewind is deur lang oorloë teen die Ottomaanse en Sweedse Ryk in beslag geneem. Ondanks aanvanklike probleme was die oorloë eindelik geslaagd en het dit gelei tot die land se uitbreiding tot by die See van Azof en die Oossee. Daarmee is die basis geskep vir Rusland as 'n vlootmag. Sy oorwinning in die Groot Nordiese Oorlog het die tydperk van Swede as 'n groot mag en sy oorheersing van die Baltiese streek beëindig, terwyl dit Rusland se status so verhoog het dat dit bekend geword het as die Russiese Ryk. Pieter het 'n kultuurrewolusie gelei wat sommige van die tradisionele en Middeleeuse sosiale en politieke stelsels vervang het met moderne, wetenskaplike, verwesterde stelsels wat op die radikale Verligting geskoei was.
In Desember 1699 het hy die Juliaanse kalender ingestel, en dit het die Bisantynse kalender vervang wat lank in Rusland gebruik is. Die Russies-Ortodokse Kerk het egter dié verandering teengestaan. In 1703 het Pieter die eerste Russiese koerant, Sankt-Peterboergskije Wedomosti, gestig en opdrag gegee vir 'n hervorming van die Russiese alfabet, wat hy grootliks alleen ontwerp het.
Aan die oewers van die Newarivier het hy Sint Petersburg laat bou, 'n stad wat deur die Italiaanse filosoof Francesco Algarotti "die venster op die Weste" genoem is. In 1714 het Pieter Rusland se hoofstad van Moskou na Sint Petersburg geskuif, 'n status wat dit tot in 1918 behou het.
Pieter het 'n groot belangstelling getoon in plante, diere en minerale, in misvormde wesens of uitsonderings op die natuurwette. Hy het navorsing oor misvorming aangemoedig en 'n einde gebring aan die bygelowige vrees vir monsters. Hy het nywerhede en hoër onderwys in Rusland bevorder. Die Russiese Wetenskapakademie en die Universiteit van Sint Petersburg is in 1724 gestig.
Pieter kry hoofsaaklik die krediet vir die modernisering van die land. Hy het dit vinnig in 'n groot Europese mag omskep. Sy administratiewe hervormings, veral die regerende Senaat wat in 1711 gestig is, die staatsdepartemente van 1717 en die Tabel van Range in 1722, het 'n blywende invloed op Rusland gehad, en baie instellings van die Russiese regering kan hulle ontstaan na sy bewind terugspeur.
Vroeë lewe thumb|200px|Pieter as kind. thumb|200px|Pieter se skip, met 'n seil en mas wat met die hulp van Nederlandse timmermanne opgesit is.
Pieter was die seun van tsaar Aleksei en sy tweede vrou, Natalja Narisjkina. Aleksei het ook twee seuns by sy eerste vrou, Maria Miroslafskaja gehad: die sieklike Fjodor en gestremde Iwan.
Ná Aleksei se dood het Fjodor tsaar geword. Hy is in 1682 sonder kinders dood en die tienjarige Pieter is tot tsaar gekroon. ’n Magstryd het tussen die Narisjkina- en die Miroslafski-familie ontstaan, want die Miroslafski's het gevoel Pieter se ouer halfbroer, Iwan, moet tsaar word al is hy liggaamlik en geestelik gestrem. Ná ’n bloedige konflik waarin baie van Pieter se familielede vermoor is, is ooreengekom dat Pieter en Iwan medetsaars sou wees, met Pieter se halfsuster, Sofia, as regent. Sy het sewe jaar lank as 'n outokraat regeer.
Van 1682 tot 1689 is Pieter en sy ma na Preobrazjenskoje verban. Op 16-jarige ouderdom het hy 'n Engelse boot op die landgoed ontdek, dit laat restoureer en geleer om daarmee te seil. Pieter was gefassineer deur sonhorlosies. Hy het begin soek na 'n buitelandse kundige in die Duitse (buitelandse) kwartier. Hy het Andrew Vinius, 'n bibliofiel, bevriend wat hom Nederlands geleer het, asook twee Nederlandse timmermanne, Frans Timmerman en Karsten Brandt. Pieter het rekenkunde, meetkunde en militêre wetenskap bestudeer.
Pieter het nie eintlik omgegee dat ander in sy naam regeer nie; Boris Golitsin en Fjodor Apraksin het 'n belangrike rol gespeel, terwyl Pieter hom besig gehou het met skeepsbou, seil en gevegte met sy kammaleër, wat uit sy jong vriende bestaan het.
thumb|links|200px|Die dubbele troon van Pieter en Iwan. Pieter se ma wou egter hê hy moes ernstiger raak en het in 1689 'n troue tussen hom en Jewdoksia Lopoechina gereël. Die huwelik was 'n mislukking en ná 10 jaar het Pieter Jewdoksia gedwing om 'n non te word en hom so uit die huwelik bevry.
Teen die somer van 1689 wou Pieter die bewind by Sofia oorneem omdat haar posisie verswak het. Toe sy daarvan hoor, het Sofia saam met sommige leiers van die Streltsi saamgesweer en hulle het ordeloosheid en ontevredenheid versprei. Sofia is eindelik omvergewerp, en Pieter het Iwan het voortgegaan om as medetsaars te regeer. Pieter het Sofia gedwing om haar in 'n klooster te laat opneem, waar sy haar naam en posisie as lid van die koninklike familie moes prysgee.
Pieter het steeds nie beheer oor Russiese sake gehad nie. Die mag is deur sy ma uitgeoefen. Dit was eers met Natalja se dood in 1694 dat Pieter, toe 22, 'n onafanklike heerser kon word.
Toe Iwan in 1696 sonder kinders dood is, het Pieter alleenheerser geword.
Pieter het na berig word 'n outydse ses voet agt duim (oor die 2 meter) lank geword. Hy is beskou as 'n "tweede Goliat".Prokopovich's Funeral Sermon on Peter I Hy is in 1717 beskryf as "lank, goed gebou en skraal... met 'n uitdrukking wat beide verwilderd en driftig was". Pieter het gesigspiertrekkings gehad, en het dalk aan nekspasmas gely.; ;
Ideologie van Pieter se bewind thumb|200px|'n Monument van Pieter die Grote in Kronstadt.
As jong man het Pieter 'n Protestantse lewenswyse aanvaar in 'n bemoeisieke wêreld van mededinging en persoonlike sukses, en dit was in 'n groot mate die basis van die filosofie van sy hervorming. Hy het die Russiese volk beskou as onbeskof, onintelligent, hardkoppig in hulle traagheid, 'n kind, 'n lui student. Hy het die staat se rol in die lewe van die gemeenskap voorgestaan en dit beskou as 'n ideale instrument vir die bereiking van doeleindes en as 'n universele instelling om mense, met die hulp van geweld en vrees, te verander in opgevoede, bewuste, gehoorsame onderdane wat nuttig vir die hele gemeenskap is.
Hy het dit as outokraat nodig gegag om sy onderdane te versorg, hulle teen vyande te beskerm en tot hulle voordeel te werk. Bo alles het hy die belange van Rusland geplaas. Hy het dit as sy taak beskou om die land in 'n mag soortgelyk aan Westerse lande te omskep, en het sy eie lewe en dié van sy onderdane ondergeskik gestel aan die bereiking van dié doel.
Geleidelik het die idee posgevat dat dié taak verrig sal moet word met die hulp van hervormings. Hulle sou uitgevoer word soos dit die outokraat behaag; hy wat die goeie skep en die bose straf. Hy het die moraliteit van die staatsman beskou as anders as dié van 'n privaat mens en het geglo die monarg kan hom in staatsbelang wend tot moord, geweld, vervalsing en bedrog.
Hy het hom van die laagste rang van die vloot opgewerk: bombardier (1695), kaptein (1696), kolonel (1706), skout-by-nag (1709), viseadmiraal (1714), admiraal (1721). Hy het self vir sy onderdane 'n voorbeeld gestel van dapperheid, en hom ten volle oorgegee aan sy plig en diens aan die vaderland.
Bewind thumb|200px|Europa in 1721 (in Duits). thumb|200px|Die besetting van Azof, 1696, deur Robert Ker Porter.
Pieter het sowat 43 jaar lank regeer. Hy het groot hervormings ingestel om Rusland te moderniseer.Evgenii V. Anisimov, The Reforms of Peter the Great: Progress Through Violence in Russia (Routledge, 2015) Hy is grootliks deur sy raadgewers soos Jacob Bruce beïnvloed. Hy wou die Russiese weermag volgens moderne idees reorganiseer en het daarvan gedroom om Rusland 'n vlootmag te maak. Hy het groot teenkaning teen sy beleide tuis gekry, maar rebellies teen sy mag wreedaardig onderdruk, insluitende deur die Streltsi, Basjkiriërs, Astrachan en die grootste burgeropstand van sy bewind, een deur die Don-Kosakke.
In sy poging om Rusland te verwesters wou Pieter hê sy familielede moes met ander Europese koninklikes trou. In die verlede het ander hulle neus vir dié idee opgetrek, maar nou het sake gunstiger gelyk. Hy het met Frederick William, die Hertog van Koerland, samesprekings gevoer om met sy broerskind, Anna Iwanowna, te trou. Hy het die troue gebruik om sy nuwe hoofstad, Sint Petersburg, bekend te stel waar hy reeds Westerse paleise en geboue begin oprig het. Daarvoor het hy onder andere Italiaanse en Duitse argitekte in diens geneem.
Om sy land se posisie ter see te vergroot wou hy groter toegang tot die see hê. Sy enigste toegang in dié tyd was by Archangelsk aan die Witsee. Die Oossee is beheer deur Swede in die noorde en die Swart- en Kaspiese See onderskeidelik deur die Ottomaanse en Safawidiese Ryk in die suide. Die land se behoefte aan metaal is vererger deur oorloë vir toegang tot die Swart- en Oossee.
Pieter se poging om beheer oor die Swartsee oor te neem, sou moes behels dat hy die Turke uit die omgewing uitsit. As deel van 'n ooreenkoms met Pole waarvolgens Kiëf (nou Kijif) aan Rusland afgestaan sou word, was Pieter verplig om oorlog te voer teen die khan van die Krim en teen sy leenheer, die Ottomaanse sultan. Pieter se hoofdoel was om die Ottomaanse fort by Azof, naby die Don, oor te neem. In die noordelike somer van 1695 het Pieter die Azof-veldtogte georganiseer om die fort oor te neem, maar sy poging het misluk.
Pieter het in November 1695 na Moskou teruggekeer en 'n groot vloot in Woronezj begin bou. Hy het in 1696 sowat 30 skepe teen die Ottomane gestuur en Azof in Julie dié jaar beset. Hy het Alexander Gordon aangestel, wat later 'n biografie oor Pieter sou publiseer.The History of Peter the Great, Emperor of Russia: To which is Prefixed a Short General History of the Country from the Rise of that Monarchy: and an Account of the Author's Life. Vol. I
Groot Ambassade Pieter het besef Rusland sou nie die Ottomaanse Ryk alleen kon aanpak nie. In Maart 1697 het hy incognito na Wes-Europa geseil op 'n vaart van 18 maande saam met 'n groot afvaardiging, bekend as die "Groot Ambassade". Pieter was die eerste tsaar in meer as 100 jaar wat Rusland verlaat het. Hy het 'n vals naam gebruik en so aan sosiale en diplomatieke geleenthede ontsnap. Omdat hy langer as feitlik al die ander mense was, kon hy egter niemand flous nie.
duimnael|links|240px|Pieter die Grote in Nederland(18de eeu, skilder onbekend) Een doel was om die hulp van Europese monarge teen die Ottomane te vra, maar Pieter se pogings het misluk. Frankryk was 'n tradisionele bondgenoot van die Ottomaanse sultan en Oostenryk was gretig om vrede in die ooste te handhaaf terwyl hy self oorloë in die weste gevoer het. Pieter se tydsberekening was ook nie goed nie; Europa was in dié stadium meer bekommerd oor die oorlog oor die opvolging van die kinderlose koning Karel II van Spanje as oor 'n oorlog teen die Ottomane.
Amsterdam In Amsterdam het Pieter praktiese ondervinding in skeepsbou opgedoen in die skeepswerf van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Hy het gehelp met die bou van 'n boot, die Petrus en Paulus. Tydens sy verblyf het die tsaar baie geskoolde werkers gewerf, soos die bouers van skepe, slotte en forte, asook seelui – insluitende Cornelis Cruys, 'n viseadmiraal wat die tsaar se raadgewer in maritieme aangeleenthede geword het. Pieter het sy kennis van skeepsbou gebruik om Rusland se vloot te help bou.