Pearson se aalwyn (Aloe pearsonii) is 'n struik wat hoort tot die aalwynfamilie Asphodelaceae en blom regdeur die jaar, maar veral in Januarie en Februarie. Die blomme is dofblouerig van kleur en word rooi in tye van droogte. Die struik word tot 2 m hoog. In Engels staan die plant as Pearson's aloe bekend.
Habitat en bewaringstatus Die struik is inheems aan die Noord-Kaap en suidelike Namibië, en word in die Richtersveld weerskante van die Oranjerivier aangetref. Daar is 'n groot populasie by Helskloof.
Die status van Aloe pearsonii word as "minste kommer" op die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut se Rooilys van Suid-Afrikaanse plante aangedui.
Galery
Sien ook Lys van aalwynspesies
Bronnelys Sanbi se rooilys Pearson se aalwyn op PlantZAfrica.com Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies. Plants of the World Online
Verwysings
pearsonii Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika