__NOTOC__

Die N'watindlopfu- of Olifantspruit is 'n spruit wat in die suide van die Krugerwildtuin, in Mpumalanga, Suid-Afrika vloei. Die spruit se Tsonganaam beteken "plek van die grootvoete",Pocket Guide to the Placenames of the Kruger National Park: N'watindlopfu, p. 52, Floors van der Wateren (April 2018) en dit is moontlik aan die boesmantekeninge van olifante teen 'n nabye granietkoppie te danke.Elwyn Jenkins, Falling into Place: The Story of Modern South African Place Names, 2007

Die spruit vloei sowat 20 km suidwaarts oor 'n granietsubstraat. Omtrent 17 km oos van Skukuza mond dit aan die noordoewer van die Sabierivier uit. By die monding word dit deur die Salitje-grondpad (S30) oorgesteek, en verder stroomop by die Olifants- en N'watindlopfu-watergate, deur die H1-2-teerpad. Naby Olifantswatergat is ook die Mantimahledam in die Manzimahle-sytak geleë.

Galery

Monding

Eksterne skakel Google-kaart van die N'watindlopfu se monding by Geonames.org (cc-by)

Verwysings

Kategorie:Riviere in Mpumalanga Kategorie:Sabierivier-sytakke Kategorie:Krugerwildtuin