Mark Gordon (gebore 14 Maart 1957) is 'n Amerikaanse politikus. Hy is op 7 Januarie 2019 as die 33ste goewerneur van Wyoming ingehuldig. Hy het vanaf 2012 tot 2019 as die staatstesourier gedien. Gordon is 'n Republikein.

Politieke loopbaan duimnael|links|Gordon tydens 'n debat in Oktober 2018 In 2008 was Gordon 'n kandidaat vir die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers. Sy mede-Republikein Cynthia Lummis het vir Gordon in die voorverkiesing verslaan en die algemene verkiesing in November 2008 gewen.

Goewerneur Matt Mead het op 26 Oktober 2012 vir Gordon as tesourier aangewys nadat Joseph Meyer oorlede is. Regter William Hill het vir hom op 1 November 2012 ingesweer. Gordon is in 2014 tot sy eerste volle termyn verkies.

Gordon het in die 2018-verkiesing vir die pos van goewerneur gestaan en die algemene verkiesing gewen nadat hy sy opponent Mary Throne van die Demokratiese Party met 67% van die stemme verslaan het. Hy is op 7 Januarie 2019 ingehuldig.

Verwysings

Eksterne skakels

Mark Gordon. Ballotpedia Governor Mark Gordon – State of Wyoming Governor Mark Gordon – Wyoming Business Council

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Amerikaanse goewerneurs Kategorie:Wyoming