Die tongalandbroodboom (Encephalartos ferox) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom kom vanaf die noorde van KwaZulu-Natal van Sodwanabaai, verby Kosibaai al langs die kuslyn van Mosambiek tot by Vilanculos voor. Die boom is donkergroen van kleur en die blare is ook geboë met die vroulike keëls wat helderrooi is. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. duimnael|links|280px|'n Tongalandbroodboom in die Brisbane Botaniese Tuin, Australië Die plant se FSA-nommer is 3.4.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Maputaland cycad en die Tongaland cycad bekend.

Subspesies Daar is twee subspesies: Encephalartos ferox subsp. emersus P.Rousseau Vorster & A.E.van Wyk Encephalartos ferox subsp. ferox

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne PZA Sanbi REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika