Die Lydenburgbroodboom (Encephalartos inopinus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom in endemies aan Mpumalanga waar dit voorkom in die Olifantsrivier- en Steelpoortriviervalleie. Die boom word normaalweg 2 m hoog maar kan soms 4 m bereik. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.
Die plant se FSA-nommer is 5.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Lydenburg cycad bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys PZA Sanbi REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika