Die Boesmansrivierbroodboom (Encephalartos trispinosus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan die Oos-Kaap waar dit in die Boesmansrivier- en Groot-Visriviervalleie in die Bathurst, Alexandria en Albanie-omgewing voorkom. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.

Die plant se FSA-nommer is 14.18.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Bushman`s River cycad bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne PZA Sanbi REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika