Die umbeluzibroodboom (Encephalartos umbeluziensis) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Dit is 'n klein broodboom en kom in die Umbeluziriviervallei in Eswatini en Mosambiek voor. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.

Die plant se FSA-nommer is 14.19.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Umbeluzi cycad bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne PZA Sanbi IUCN Redlist Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek