Die Middelburgbroodboom (Encephalartos middelburgensis) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan Mpumalanga waar dit voorkom in die opvanggebied van die Olifantsrivier tussen Middelburg en die Loskopdam. Die boom kan tot 7 m groot word, groei in vol sonlig en is gehard teen ryp. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is duidelik afsonderlike eksemplare.
Die plant se FSA-nommer is 14.3.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die broodboom as die Middelburg cycad bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne REDLIST Sanbi PZA Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika