Rosalynn Eleanor Smith Carter (18 Augustus 1927 in Plains, Georgia – 19 November 2023 in Plains, Georgia) was tussen 1977 en 1981 die Verenigde State se Eerste Dame as eggenote van die 39ste president, Jimmy Carter. Van 1962 af, die jaar waarin Jimmy Carter as senator vir Georgia verkies is, was Rosalynn Carter aktief by politiek betrokke. As Eerste Dame van Georgia het sy na die belange van geestelik gestremde burgers omgesien. Sy het vyf jaar lank die amp van voorsitter van die Special Olympics for Retarded Children vir gestremde kinders beklee en was ere-medewerker van Atlanta se hospitaal. E. Stanly Godbold, Jr.: Jimmy & Rosalynn Carter. The Georgia Years, 1924–1974. New York NY: Oxford University Press 2010, bl. 216
duimnael|links|Jimmy en Rosalynn Carter op 13 Januarie 2016 in The Carter Center, Atlanta. Die instelling bevorder sedert sy stigting in 1982 onder meer menseregte en vrede. Vir sy werk is Jimmy Carter in 2002 met die Nobelprys vir Vrede vereer Rosalynn Carter word deur biograwe as terughoudend van karakter beskryf, maar ook as intelligente en suksesvolle sakevrou wat die Cartergesin se fortuin aktief help opbou het. Ook het sy haarself as briljante politieke aktivis bekwaam en kon sodoende 'n belangrike bydrae lewer tot haar man se goewerneursveldtog in 1970 en die presidensiële verkiesingsveldtog van 1976. Gedurende die presidentskap van haar man was Rosalynn Carter sy naaste adviseur en het aan kabinetsvergaderings deelgeneem. Verskeie kere het sy as verteenwoordiger van die Verenigde State in die buiteland opgetree, onder meer in Latyns-Amerika.
Rosalynn Carter het elke avontuur, sukses en nederlaag met haar man gedeel. Sy poging om vir 'n tweede ampstermyn herverkies te word het misluk, maar die Carters het gou 'n nuwe welkome uitdaging vir hulself gevind met die stigting van die Carter Center, 'n niewinsgewende instelling wat menseregte en vrede bevorder.
Rosalynn Carter se outobiografie First Lady from Plains is in 1984 gepubliseer. In 2019 het Rosalynn en Jimmy Carter die langste getroude presidensiële egpaar geword. CNN Politics, 18 Oktober 2019: Jimmy and Rosalynn Carter just became the longest-married presidential couple. Besoek op 15 Junie 2020
Dood Carter is op 19 November 2023 in Plains, Georgia oorlede. Sy was 96 jaar oud.
Verwysings
Eksterne skakels The Carter Center
The Carter Center Rosalynn Carter Center for Caregiving
Rosalynn Carter Center for Caregiving
Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2023 Kategorie:Eerste Dames van die Verenigde State van Amerika