Pionierspark is ’n groot suidelike voorstad van die Namibiese hoofstad Windhoek. Pionierspark word begrens deur Tauben Glen en Hochlandpark in die noorde, die Suidelike Nywerheidsgebied en die Eros-lughawe in die ooste, Academia in die suidooste, die Universiteit van Namibië se kampus in die suidweste en Pionierspark Uitbreiding 1 in die weste.

duimnael|links|Pionierspark (aangedui in geel) in die stad van Windhoek Dit is in die tweede helfte van die 20ste eeu ontwikkel. Die voorstad is hoofsaaklik vir residensiële gebruik, maar bevat ook die hoofkampus van die Universiteit van Namibië. Ander geriewe sluit 'n begraafplaas in en die Katolieke Kerk van St. Boniface, gebou in 1928, wat tot 'n nasionale monument verklaar is.

Sien ook Gereformeerde kerk Windhoek-Suid NG gemeente Pionierspark

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Windhoek