André Isak "Kraai" van Niekerk (gebore in 1938 in Eshowe in KwaZulu-Natal) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse politikus.

Hy het 'n Ph.D. in die landbou behaal aan die Universiteit van Stellenbosch, en daarna in verskillende navorsingsposisies gewerk voordat hy as skaapboer in Rugseer naby Kenhardt afgetree het.

Van Niekerk het sy politieke loopbaan in die Nasionale Party begin toe hy in 1981 tot LP vir Prieska verkies is. Hy word in 1986 adjunkminister van landbou in die kabinet van P.W. Botha. Hierna het F.W. de Klerk hom in 1990 as Minister van Landbou aangestel.

Hy en dr. Dawie de Villiers was die enigste ministers van die laaste apartheidsregering wat hul poste in die regering van nasionale eenheid behou het onder president Nelson Mandela.

Na die verkiesing in 2004 word hy woordvoerder oor landbou van die DA-koukus in die Nasionale Vergadering. Van Niekerk, wat 'n lid van Agri SA is, het nie minder nie as drie partye in die Suid-Afrikaanse parlement verteenwoordig. Hy is getroud met Theresa en die egpaar het drie kinders.

Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van landbou en grondsake Kategorie:Politici van die Nasionale Party Kategorie:Afrikaners Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1938