Die basterkreupelhout (Leucospermum patersonii) is 'n blomdraende boom wat tot die genus Leucospermum behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit van Kleinmond tot by Agulhas voorkom. Die struik word 4 m hoog en dra blomme van Augustus tot Desember. Dis 'n tipiese kalksteenfynbosspesie wat kommersieel geoes word.
In Engels staan dit as die Silver-edge pincushion en in Afrikaans ook as die valskreupelhout bekend. Die plant se FSA-nommer is 85.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van speldekussingspesies
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer PlantzAfrica Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Speldekussings Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika