Die Nardouwluisiesbos (Leucospermum praemorsum) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die Leucospermum genus en deel vorm van die fynbos-bioom. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika waar dit voorkom in die Bokkeveld, Gifberg en Nardouwberg van Lokenberg tot by Wupperthal. Die struik word tot 5 m groot en dra blomme van Julie tot Desember.

In Engels staan dit as die Nardouw fountain pincushion bekend. Die struik se FSA-boomnommer is 85.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van speldekussingspesies

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Speldekussings Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika