Armiston Watson (26 November 1944 – 12 Oktober 2014), ook bekend as Watty Watson, was 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die Demokratiese Alliansie (DA). Hy was hoofsweep van die amptelike opposisie in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika van 2011 tot 2014 onder die leiding van Lindiwe Mazibuko. Hy is as 'n LP vir die Nasionale Party in 1994 verkies. Hy was ook 'n stigterslid van die DA en die party se leier in die Nasionale Raad van Provinsies voor hy as 'n lid van die Nasionale Vergadering inhuldig is. Watson het uit die politiek getree in Mei 2014 en gesterf in Oktober van dieselfde jaar.Watty Watson: DA chief whip who could be 'too nice'. Besoek op 16 April 2020. Biografie Vroeë jare Watson is in Matatiele gebore. Toe hy agt jaar oud was, het hy en sy familie na Lesotho getrek. Hulle het later teruggekeer na Suid-Afrika. Watson het aan Port Natal Skool gematrikuleer en by die Universiteit van Pretoria handel en bestuur gestudeer. Hy het tot 1965 vir die mielieraad gewerk. Hy het toe vir Paragon Besigheidsvorms gewerk waar hulle hom van verkoopsverteenwoordiger tot hoof van bemarking en verkope bevorder het. Van 1981 tot 1997 het Watson vir die Kontra Groep gewerk.

Politieke loopbaan Watson het gou na sy studies 'n lid van die Nasionale Party geword. Voordat hy tot die parlement verkies is, was hy betrokke in die plaaslike politiek van die Oos-Transvaal (Mpumalanga). Hy het op die Transvaal Padraad en die Bewaringskomitee gedien. Later aan is hy verkies as die adjunkburgemeester van Marlothpark. Hy was toe tot die Onderberg-raad verkies en daarna is hy aangestel as 'n lid van die Laeveld- en Platorand-streeksdiensteraad. Hy was die leier van die opposisie toe hy op die Metsweding Distriksraad gedien het.

Hy het 'n LP na die 1994-verkiesing geword. Hy het die Nasionale Party en kort daarna die Nuwe Nasionale Party verteenwoordig. Hy het 'n lid van die nuutgestigte DA in 2000 geword. Hy het toe die DA se leier in die Nasionale Raad van Provinsies geword.

In 2011 is hy aangestel tot die pos van hoofsweep in die Nasionale Vergadering. Hy het afgetree in 2014 voor daardie jaar se algemene verkiesing.DA mourns the passing of party stalwart 'Watty' Watson. Besoek op 16 April 2020.

Dood en nalatenskap Watson is op 12 Oktober 2014 oorlede. Hy was 69.Former DA Chief Whip Watty Watson dies . Besoek op 16 April 2020.

Verwysings

Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Sterftes in 2020