Die gewone luisiesbos (Leucospermum cuneiforme) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die Leucospermum genus en vorm deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika waar dit voorkom in die Riviersonderendberge, Langeberg, Outeniekwaberge tot by Qolora in die Oos-Kaap, Potberg en die Swartberg. Die struik word 1,5 tot 2 m hoog en dra blomme van Augustus tot Februarie.
In Engels staan dit as die Wart-stemmed pincushion bekend. Omrede die struik so hoog word het dit 'n FSA-boom nommer, naamlik 84.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Lys van speldekussingspesies Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas PlantzAfrica Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Speldekussings Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika