Cilliers Brink (gebore 12 Junie 1987) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat van 28 Maart 2023 tot 26 September 2024 burgemeester van die Stad Tshwane was. As lid van die Demokratiese Alliansie, was hy die party se skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake van 2020 tot 2023, en ’n lid van die Parlement (LP) van 2019 tot Februarie 2023. Hy was tussen 2019 en 2020 die party se skadu-adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake.
Verwysings
Eksterne skakels Cilliers Brink – People's Assembly Mnr. Cilliers Brink – Parlement van Suid-Afrika
Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie