Nickey Iyambo (20 Mei 1936 – 19 Mei 2019) was 'n Namibiese politikus en geneesheer wat van 2015 tot 2018 as die eerste adjunkpresident van Namibië gedien het. Iyambo was lid van die SWAPO en lid van die kabinet van Namibië sedert onafhanklikheid in Maart 1990. Hy was die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste van 1990 tot 1996, Minister van Streeks- en Plaaslike Regering en Behuising van 1996 tot 2002, Minister van Mynwese en Energie van 2002 tot 2005, Minister van Landbou, Water en Bosbou vanaf 2005 tot 2008, Minister van Veiligheid en Sekuriteit van 2008 tot 2010, en Minister van Veterane-sake vanaf 2010. Hy het in 2018 as adjunkpresident uitgetree weens swak gesondheid, maar het steeds die hoof van die Ministerie van Veteranesake behartig.

Kategorie:Adjunkpresidente van Namibië Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Sterftes in 2019