duimnael|Gustav Nachtigal Gustav Nachtigal (gebore op 23 Februarie 1834 – 20 April 1885). was 'n Duitse ontdekkingsreisiger van Sentraal- en Wes-Afrika. Hy staan verder bekend as die Duitse Ryk se konsul-generaal vir Tunisië en Kommissaris vir Wes-Afrika. Sy missie as kommissaris het daartoe gelei dat Togoland en Kamerun die eerste kolonies van 'n Duitse koloniale ryk geword het. Die Gustav-Nachtigal-medalje, toegeken deur die Berlynse Geografiese Vereniging, is na hom vernoem.

Bronne Gustav Nachtigal — ein deutscher Forscher und Afrika (Spraakmanuskrip wat gehou is tydens die Togo-uitstalling in Düsseldorf 1986). Peter Kremer. Die Forschungsreisenden, Cornelius Trebbin & Peter Kremer, Die Tuareg. Düsseldorf 1985.

Verwysings

Eksterne skakels

Sahara and Sudan By Gustav Nachtigal, Allan George Barnard Fisher, Humphrey J. Fisher Koerantuitknipsels oor Gustav Nachtigal in die 20ste eeuse persargief van die ZBW