Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Klein-Brakrivier (dubbelsinnig).
Die Klein-Brakrivier is 'n rivier wat in die Oos-Kaap van Suid-Afrika vloei. Dit is 'n sytak van, en in die opvanggebied van die Groot-Visrivier.
Die rivier ontspring in die Agter-Renosterberg op die grens tussen die Noord-Kaap en die Oos-Kaap. Daarna vloei dit deur Middelburg, Oos-Kaap, die spoorwegdorpie Conway op die R401-pad en sluit onder die Grassridgedam by die Grootbrakrivier aan, wat op sy beurt weer stroomaf by die Groot-Visrivier aansluit. Die spoorlyn volg die rivier in 'n suidoostelike rigting.
Eksterne skakel Google-kaart van die Klein-Brakrivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Verwysings
Kategorie:Riviere in Oos-Kaap