Sydney Twentyman-Jones (20 Januarie 1849 - 3 Februarie 1913) was 'n Regter-president van die Oostelike Distrikshof. Hy is gebore in Kaapstad en ontvang opleiding aan die South African College en Cambridge. Hy word in 1874 toegelaat en praktisser n Kaapstad tot sy aanstelling in 1882 tot die regsbank van die Hoërhof van Griekwaland. In 1887 word hy verplaas na die Oostelike Dostriktehof en word Regter-president in 1901. Sy belangstellings het sport en opvoedkunde ingesluit. Hy was die stigter van die Villagers Rugbyklub. Hy is oorlede in 1913.
Bronne
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse regters Kategorie:Geboortes in 1849 Kategorie:Sterftes in 1913