duimnael|280px|Die gebied van die Vrugbare Halfmaan, omstreeks 7500 v.C., met belangrike argeologiese terreine van die Neolitikum voor pottebakkery. Die mens het toe nog nie in Mesopotamië gewoon nie. Die Neolitiese Omwenteling, Neolitiese Rewolusie of Landbouomwenteling was die grootskaalse oorgang van baie menslike kulture tydens die Neolitikum, of Nuwe Steentydperk, van ’n leefstyl van jag en kos uit die natuur na een van landbou en vestiging, wat ’n toenemend groter bevolking moontlik gemaak het. Hierdie gevestigde gemeenskappe het mense in staat gestel om plante te bestudeer om vas te stel hoe hulle groei en ontwikkel. Die nuwe kennis het gelei tot die aanplanting van gewasse.Compare:

Volgens argeologiese data het die domestisering van verskillende soorte plante en diere afsonderlik van mekaar op verskillende plekke op aarde plaasgevind, vanaf die epog Holoseen (sowat 12 500 jaar gelede). Dit was die eerste verifieerbare omwenteling in landbou ter wêreld. Die Neolitiese Omwenteling het die verskeidenheid beskikbare kosse aansienlik verminder en dit het ’n afname in die gehalte van menslike voeding tot gevolg gehad.

Die omwenteling het meer behels as die aanvaarding van ’n beperkte hoeveelheid tegnieke om voedsel te vervaardig. Oor die volgende millenniums het die klein en beweeglike groepe jagter-versamelaars wat die menslike voorgeskiedenis gekenmerk het, verander in sedentêre (nienomadiese) gemeenskappe met geboude huise en dorpe. Hierdie gemeenskappe het hulle natuurlike omgewing radikaal verander deur middel van gespesialiseerde voedselkweking, met bedrywighede soos besproeiing en ontbossing wat die vervaardiging van meer kos moontlik gemaak het. Nog ontwikkelings wat wyd voorgekom het, is die tem van diere, pottebakkery, gepoleerde klipgereedskap en vierkantige huise.

Hierdie ontwikkelings het die basis verskaf vir gesentraliseerde administrasies en politieke strukture, hiërargiese ideologieë, ontpersoonlikte kennisstelsels (byvoorbeeld skryf), digbevolkte nedersettings, die spesialisering en verdeling van arbeid, meer handel, die ontwikkeling van niedraagbare kuns en argitektuur en die besit van eiendom. Die vroegs bekende beskawing het in Sumer in Suid-Mesopotamië ontwikkel (omstreeks 6 500 v.C.); die ontstaan daarvan het ook die Bronstydperk ingelui.

Die verhouding tussen bogenoemde Neolitiese verskynsels en die ontstaan van landbou, die volgorde van hulle ontstaan en die onderlinge verhouding tussen hulle op verskillende Neolitiese terreine is steeds die onderwerp van akademiese debatte, en verskil van plek tot plek. Dit was dus nie die gevolg van universele wette van sosiale evolusie nie."The Slow Birth of Agriculture" , Heather Pringle Die eerste ontwikkeling van die Neolitiese Omwenteling was in die Levant, omstreeks 10 000 v.C., gevolg deur ander terreine in die groter Vrugbare Halfmaan.

Landbouoorgang duimnael|400px|Die evolusie van temperature in die postglasiale tydperk ná die Laaste glasiale maksimum (LGM) volgens Groenlandse yskerns. Die ontstaan van landbou stem ooreen met die tydperk van vinnig stygende temperature aan die einde van die koue tyd van die Jonger Dryas en die begin van die lang en warm tydperk van die Holoseen. duimnael|400px|’n Kaart van die wêreld wat min of meer die oorsprong van landbou en die uitbreiding daarvan in die voorgeskiedenis wys: die Vrugbare Halfmaan (11 000 v.C.), die Yangtze- en Geelrivierbekken (9 000 v.C.), die Nieu-Guineehooglande (9 000-6 000 v.C.), Sentraal-Mexiko (5 000-4 000 v.C.), noordelike Suid-Amerika (5 000-4 000 v.C.), Afrika suid van die Sahara (5 000-4 000 v.C., presiese ligging onbekend) en die oostelike Noord-Amerika (4 000-3 000 v.C.). Die term "Neolitiese Omwenteling" is deur V. Gordon Childe gevestig in sy boek van 1936, Man Makes Himself. Childe het die begrip bekend gestel as die eerste in ’n reeks landbouomwentelings in die Midde-Oosterse geskiedenis. Die tydperk word as ’n "omwenteling" of "rewolusie" beskryf om die belangrikheid daarvan aan te dui, asook die groot belangrikheid en mate van die veranderings wat dit teweeggebring het in die gemeenskappe waar nuwe landboupraktyke geleidelik aangeneem en verfyn is.

Die begin van die proses dateer van 10 000 tot 8 000 v.C. in die Vrugbare HalfmaanThissen, L. "Appendix I, The CANeW 14C databases, Anatolia 10,000–5000 cal. BC." in: F. Gérard en L. Thissen (reds.), The Neolithic of Central Anatolia. Internal developments and external relations during the 9th–6th millennia cal BC, Proc. Int. CANeW Round Table, Istanbul 23–24 November 2001, (2002) en moontlik 8000 v.C. in die Kukmoeras in Melanesië.The Kuk Early Agricultural Site

Die oorgang word oënskynlik oral verbind met ’n verandering van ’n grootliks nomadiese jagter-versamelaarbestaan in ’n meer gevestigde, landbougebaseerde een, asook die begin van die domestisering van verskeie plant- en dierspesies – na gelang van die spesies wat plaaslik beskikbaar was en waarskynlik ook die plaaslike kultuur. Onlangse argeologiese navorsing dui daarop dat die oorgang in sommige streke, soos op die Suidoos-Asiatiese Skiereiland, nie lineêr was nie, maar van die omgewing afgehang het.

Daar is verskeie mededingende teorieë oor wat beskawings daartoe gedryf het om met landbou te begin, hoewel hulle mekaar nie uitsluit nie. Die belangrikste teorieë is: Die oasisteorie, wat oorspronklik in 1908 deur die Amerikaanse geoloog Raphael Pumpelly voorgestel en in 1928 deur V. Gordon Childe in sy boek Man Makes Himself gewild gemaak is. Volgens dié teorie het gemeenskappe in oasisse saamgetrek namate die klimaat droër geword het weens die Atlantiese depressie wat noordwaarts geskuif het, en hier het hulle noodgedwonge noue kontak met diere gehad, wat toe gedomestiseer is, saam met die plant van sade. Vandag kry dié teorie min aftrek, want daaropvolgende data oor die klimaat het aangedui die streek het natter geword en nie droër nie.Scarre, Chris (2005). "The World Transformed: From Foragers and Farmers to States and Empires" in The Human Past: World Prehistory and the Development of Human Societies (Ed: Chris Scarre). London: Thames and Hudson. p. 188. Die heuwelagtige-hange-teorie, wat in 1948 deur die Amerikaanse argeoloog Robert Braidwood voorgestel is, waarvolgens landbou aan die heuwelagtige hange van die Taurus- en Zagrosberge begin het waar die klimaat nie droër was, soos wat Childe geglo het nie, en waar vrugbare grond ’n verskeidenheid plante en diere beskikbaar vir domestisering gemaak het. duimnael|240px|’n Verskeidenheid graansoorte en ander wilde grasse in Noord-Israel. Volgens die feesmodel van Brian Hayden is landbou aangevuur deur die grootdoenerige vertoon van mag, soos die hou van feeste, om oorheersing uit te oefen. Dit het die bymekaarmaak van groot hoeveelhede kos genoodsaak en dus tot landboutegnologie gelei. Die demografiese teorieë van die Amerikaanse geograaf Carl Sauer wat deur die argeoloë Lewis Binford en Kent Flannery aangeneem is, waarvolgens ’n toenemend onbeweeglike bevolking uitgebrei het totdat die plaaslike omgewing hulle nie meer kon onderhou nie. Dus het hulle meer kos nodig gehad as wat hulle bymekaar kon maak. Verskeie sosiale en ekonomiese faktore het die behoefte aan kos vergroot. Die evolusionêre teorie, wat deur die Amerikaanse argeoloog David Rindos en ander voorgestel is, waarvolgens landbou ’n evolusionêre aanpassing van plante en mense was. Dit het begin met die beskerming van wilde plante en is gevolg deur die kies van plekke waar hulle moes groei. Peter Richerson, Robert Boyd en Robert Bettinger het geglo die ontwikkeling van landbou het saamgeval met ’n toenemend stabiele klimaat aan die begin van die Holoseen. Ronald Wright het die teorie gewild gemaak. Die impakteorie stel voor dele van ’n groot komeet of asteroïde wat die aarde getref het, het ’n groot uitwissing van diere veroorsaak en die laaste glasiale tyd beëindig. Dit kon meegebring het dat die evolusie van landbougemeenskappe nodig was sodat die mens kon oorleef. Die Russiese filosoof en antropoloog Leonid Grinin meen die onafhanklike uitvinding van landbou het altyd plaasgevind in spesiale natuuromgewings (byvoorbeeld Suidoos-Asië). Daar word vermoed die kweek van graansoorte het iewers in die Nabye Ooste begin: aan die heuwels van Palestina of Egipte. Grinin dateer die begin van landbou uit die tydperk 12 000 tot 9 000 v.C., hoewel die fossiele van sommige gedomestiseerde plante en diere in sommige gevalle ouer is, tot tussen 14 000 en 15 000 jaar.Grinin L.E. Production Revolutions and Periodization of History: A Comparative and Theoretic-mathematical Approach. / Social Evolution & History. Volume 6, Number 2 / September 2007

Vroeë oes van graan (23 000 v.C.) duimnael|200px|’n Verskeidenheid sekels van 23 000 jaar gelede vir die oes van graan, Ohalo II, Israel. Die ontleding van slytasiepatrone aan vyf kliplemme wat ontdek is by Ohalo II, ’n 23 000 jaar oue kamp van visser-jagter-versamelaars aan die kus van die See van Galilea, Noord-Israel, verskaf die vroegste bewyse vir die gebruik van oesgereedskap vir graan. Die terrein is by die kruispunt van die Bo-Paleolitikum en die vroeë Epipaleolitikum, en word aan albei tydperke toegeskryf.

Die slytasiepatrone dui aan die gereedskap is gebruik vir die oes van amperryp, halfgroen wilde graansoorte, kort voordat die graan ryp was. Dit werp lig op die graanoesmetodes van sowat 8 000 jaar voor die Natufiese kultuur en 12 000 jaar voor die vestiging van landbougemeenskappe in die Nabye Ooste. Dit stem ooreen met bewyse vir die gebruik vir maalgereedskap van klip.

Aanplanting van plante Nadat landbou momentum begin kry het, omstreeks 9 000 v.C., het mense graansoorte soos koring en gars begin kweek. Plante wat hulle sade langer behou het, is gestoor en weer geplant; plante met klein sade of ’n bitter smaak egter nie.

220px|duimnael|links|’n "Lemoenskyf"-sekellem met omgekeerde, grof getande afwerking weerskante. Dit is in groot hoeveelhede ontdek by Qaraoun II. Volgens James Mellaart is dit ouer as die pottebakkers-Neolitikum van Biblos (omstreeks 8 400 v.C.). Die Israeliese plantgenetikus Daniel Zohary het verskeie plantspesies geïdentifiseer as "pioniergewasse". Hy het klem gelê op die belangrikheid van koring, gars en rog, en het voorgestel dat vlas, ertjies, keker-ertjies, bitterertjies en lensies ’n bietjie later gedomestiseer is. Hy het teorieë ondersteun van een, of hoogstens enkele, gevalle van die domestisering van elke takson wat in ’n boog uitgesprei het van die Levant tot in Europa.Zohary, D., The mode of domestication of the founder crops of Southwest Asian agriculture. pp. 142-158 in D. R. Harris (red.) The Origins and Spread of Agriculture and Pastoralism in Eurasia. UCL Press Ltd, Londen, 1996Zohary, D., Monophyletic vs. polyphyletic origin of the crops on which agriculture was founded in the Near East. Genetic Resources and Crop Evolution 46 (2) pp. 133–142 Gordon Hillman en Stuart Davies het eksperimente met ’n verskeidenheid wilde graansoorte uitgevoer om te wys die proses van domestisering sou oor ’n relatief kort tydperk van tussen 20 en 200 jaar plaasgevind het.Hillman, G. C. en M. S. Davies., Domestication rate in wild wheats and barley under primitive cultivation: preliminary results and archaeological implications of field measurements of selection coefficient, pp. 124–132 in P. Anderson-Gerfaud (red.) Préhistoire de l'agriculture: nouvelles approches expérimentales et ethnographiques. Monographie du CRA 6, Éditions Centre Nationale Recherches Scientifiques: Parys, 1992 Sommige van die eerste pogings het aanvanklik misluk en moed is opgegee met sekere plante, maar hulle is duisende jare later met sukses gekweek: Rog, wat in die Neolitiese Anatolië beproef is maar laat vaar is, is duisende jare later suksesvol in Europa gekweek.

duimnael|’n Neolitiese slypsteen vir die verwerking van graan.